Lukas 18:27 – Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.
Here, party keer lyk dinge of dit nie wil uitwerk nie.
Al probeer ons hoe hard, ons planne wil net nie slaag nie.
Situasies lyk onmoontlik vir ons, en ons weet nie hoe om dit te hanteer en aan te pak nie.
Maar Here, ons weet dat U die onmoontlike in die moontlike omskep.
Want by U Here is enige iets moontlik. Amen
