Geen groter liefde…

Here, U het as mens die aarde kom bewoon,
en liefde aan alle mense betoon.
U het nie gekom om U wil te doen nie,
maar om die Wil van U Vader te laat geskied.

U het omgegee vir mense,
al was hulle moordenaars, prostitute, verwerptes uit die samelewing.
U het uitgereik met liefde na hulle,
en so hulle lewens verryk met U heerlikheid.

Daar is geen groter liefde dat U vir ons gesterf het,
ons as sondaarmense.
Deurdat U nogsteeds liefde betoon het,
deur hulle te vergewe wat U gekruisig het.

Al ons sondes het U op daai dag op die kruis laat hang,
U het ons sondes saam met U op Golgota laat sterf.
U is liefde en daar is geen gelyke nie,
dat U bereid was om te sterf om ons te onthef van ons sondes.

2 thoughts on “Geen groter liefde…

  1. Sonja sê:

    Amen! Pragtig gepen Anet!

Laat 'n boodskap na Sonja Kanselleer die opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui