Die sesde rede vir gebed is: Wag op die Here. Ek weet dit is moeilik om geduldig te wees. Maar die Here wil ons leer om Hom te vertrou.
Psalm 27:14 ~ Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!
Psalm 33:20 ~ Ons vertrou op die HDie sesde rede vir gebed is: Wag op die Here. Ek weet dit is moeilik om geduldig te wees. Maar die Here wil ons leer om Hom te vertrou.
Sewende rede: As jy ‘n nuwe mens in Christus is, word jy vernuwe. Deurdat jy jou sondes belei het op jou knieë, het jy jou hele lewe oorgegee vir die Here. Dan kan die Here met jou begin werk en jou vorm na Sy Wil. Sodat jy al hoe meer soos Hy sal optree en leef.
Kolossense 3:9-10 ~ 9 Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek 10 en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.
Die agtste rede is om God te behaag. Die Here wil hê ons moet tyd maak om te bid en in Sy teenwoordigheid te wees. Dit behaag die Here dat ons Hom eerste stel in ons lewens. Ons moet Sy aangesig soek, nie net wanneer dit sleg gaan in ons lewens nie. Maar ons moet ‘n volharde gebedslewe hê, waar ons God die Vader Loof en Prys vir Sy Heerlikheid en Almagtigheid!!
Psalm 27:8 – Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o Here!
Groete en seënwense vir julle

N geseende word, en ja so belangrik om op God te wag en terwyl ons wag om in Christus te rus.