Vanoggend toe word ek wakker, en ek praat met die Here oor al die goed wat in die wêreld aan die gang is. Toe ewe skielik kom die woorde: “Blow the trumpet in Zion, sound the alarm” op. Ek vra toe die Here wat beteken dit?
Die Here antwoord my: “ My kind, My koms is naby. Baie mense is nie gereed nie. Skud die mense, sodat die skille van hulle oë sal afval. Laat die wat lou warm is, warm word vir My. Baie mense moet gered word My kind. Die ramshoring gaan geblaas word, om My koms aan te dui. Daarom het ek vir jou gesê: “sound the alarm.”
“Wat doen ‘n alarm My kind? Dit maak ‘n mens wakker. Mense moet wakker word, daar is nie meer tyd nie. My koms is naby. Dit maak My hartseer My kind, baie mense weet nie eens van My nie. Daarom My kind, “sound the alarm.” Daar is nog tyd vir mense om na My toe te kom. Wees wakker en paraat soos ‘n soldaat. “
“Wat ‘n wonderlike dag gaan dit nie wees nie My kind, wanneer ek My geliefde kinders gaan kom haal. Hou moed My kind, dit is nie meer lank nie. Dan sal My kinders veilig saam met My wees.”
Joël 2:1-2 ~ 1 Blaas die ramshoring in Sion, roep hard op die heilige berg. Al die inwoners van die land sal bewe, dit is naby: 2 die stikdonker dag, die dag van donker wolke waarop die groot sterk nasie oor die berge uitsprei soos die lig van die dagbreek uitsprei. So ‘n sterk nasie was daar nog nooit en sal daar nooit weer wees nie, selfs nie in die verste toekoms nie.

Kom Jesus, kom gou!
Ja Here Jesus! Kom gou!
Amen and amen