Kom uit die Duisternis

Kom uit die duisternis, My kinders, kom uit die duisternis!!! Draai weg van die verkeerde weë en volg My.
Die verkeerde weë lei na die verderf.

Die duisternis is ’n verdoemde plek waar mense skree van pyn en dit nooit ophou nie. Wil jy liewers soontoe gaan?
Wat gaan jy kies: die Lig wat helder skyn en waar jy saam met My kan wees of die donker duisternis waar jy saam met die duistere magte gaan wees.

Wat gaan die duisternis jou bied?

Vreugde? Vrede? Liefde? Ek dink nie so nie!!!

Daar gaan jy op jou tande kners, kerm, huil en wens jy kon reg gekies het. Dit is nie te laat nie, maar jy moet My soek en terug draai na my toe. Daarin lê jou beskerming en sal jy nie oorgelewer word aan die magte van die duisternis nie.

Mag jou hart en jou hele wese My soek en jy sal My vind. ’n Diep vrede sal binne in jou kom lê en die duisternis sal vir ewig verdwyn. Moenie nog talm nie. Daar is nie tyd om te talm nie.

Wat sal dit wees??

1 thought on “Kom uit die Duisternis

  1. Annalien sê:

    Amen, ja, Amen!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui