Kontras tussen Lig en Duisternis

In Johannes 8:12 sê Jesus die volgende: “En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.” Jesus het lig aan hierdie donker wêreld geskenk, deur Sy wandelinge hier op aarde waar Hy gepreek en mense gesond gemaak het. Ook deurdat Hy gewone mense se lewens aangeraak het terwyl Hy hier op aarde was. Lig is helder, verblindend maar in lig is alles geopenbaar en kan niks weg gesteek word nie. Met die teksvers hierbo wil Jesus sê dat Hy is die lig waar alles helder en sien baar is. As ons Jesus volg sal ons nie in die duisternis wandel nie. Wat is die duisternis? Dit is donker en as jy as jy al in die aand gesit het en die elektrisiteit gaan ewe skielik af, lyk alles rondom jou anders en vreemd. As jy probeer loop stamp jy dalk jou toon teen meubels en ander versperrings in jou pad. Ons oë het so gewoond geraak aan lig dat as dit donker is, is dit moeilik om te loop sonder om jou te beseer…. Lees verder“Kontras tussen Lig en Duisternis”

Kom uit die Duisternis

Kom uit die duisternis, My kinders, kom uit die duisternis!!! Draai weg van die verkeerde weë en volg My. Die verkeerde weë lei na die verderf. Die duisternis is ’n verdoemde plek waar mense skree van pyn en dit nooit ophou nie. Wil jy liewers soontoe gaan? Wat gaan jy kies: die Lig wat helder skyn en waar jy saam met My kan wees of die donker duisternis waar jy saam met die duistere magte gaan wees. Wat gaan die duisternis jou bied? Vreugde? Vrede? Liefde? Ek dink nie so nie!!! Daar gaan jy op jou tande kners, kerm, huil en wens jy kon reg gekies het. Dit is nie te laat nie, maar jy moet My soek en terug draai na my toe. Daarin lê jou beskerming en sal jy nie oorgelewer word aan die magte van die duisternis nie. Mag jou hart en jou hele wese My soek en jy sal My vind. ’n Diep vrede sal binne in jou kom lê en die duisternis sal vir ewig verdwyn. Moenie nog talm nie. Daar is nie tyd om te talm nie. Wat sal dit wees??