PSALM 46:11 Laat staan en weet dat Ek God is. In hierdie gejaagde lewe waarin ons leef, is dit baie moeilik om tyd in te rig om stil te word of die wêreldse eise en dinge te laat gaan. Om tyd saam met die Here te hê is uiters belangrik maar hoe om dit in te rig in ons besige skedules is ’n perd van ’n ander kleur. Jy staan vroeg op, eet ontbyt, trek aan vat dalk die kinders skool toe en dan reguit kantoor toe. Dit is ’n mallemeule van ’n gejaag van punt A na punt B en partykeer is daar dalk nog punt C en D na wat jy toe moet jaag soos jou kinders se buitemuurse aktiwiteite. Dit kan regtig veeleisend raak en jou tyd saam met die Here al hoe minder maak. Maar wat kan jy doen? Jy kan die dinge van die wêreldse lewe laat staan. Wat ek daarmee bedoel, is dat jy jou fokus verander met tye gedurende jou dag. Soos byvoorbeeld om vroeër op te staan in die oggend en tyd te maak deur Bybel te lees en te bid en jou eie stilte tyd te hou voordat die dag amptelik… Lees verder“Wees Stil”
Maand: September 2017
Joernaal: 31 Desember 2014
Die Here sê vir my: “Die tyd is amper hier, My kind. Nog net ’n paar ure. More oggend as jy opstaan is jy ’n nuwe mens. In jou liggaam sal jy dit voel. Genesing gaan begin.” Toe dank ek die Here en praat in tale. Toe sê die Here: “Ek hoor, My kind. More sal jy verstaan vir die eerste keer sal dinge sin maak. “Jou hele lewe gaan verander. Ek seën jou, My kind en Ek salf jou. Dit is ’n blye, blye dag. My gesalfde Ek het jou lief, My uitverkorene. Die skatte van die Hemel gaan binnekort ontsluit word. Dan sal jy dinge helderder verstaan. Maar vir nou, My kind rus in My vrede.” Die Here seen julle
Joernaal: 30 Desember 2014
Ek het gaan bid en die Here het die volgende vir my gesê: “Jy is kosbaar. My engele gaan Ek om jou plaas. Skud die stof van jou klere af. ’n Nuwe wêreld lê voor jou. Binnekort, My kind, binnekort. Rol jou mat op. Ek gaan jou binnekort stuur. Skryf, sal jy skryf. Ek sal My Woorde in jou mond lê sê die Here. Pen dit vas. Die Waarheid moet uit. Dit is nie meer lank nie. Daar is nog te veel verlore siele. Ek sal jou versterk en wys wat om te doen. Ek is jou Leermeester en Ek sal jou wys wat om te doen”, sê die Here. “Ek sal vir jou sê wat om te skryf. Januarie gaan ’n besige maand wees. Rus vir nou, My kind. Daar is baie wat jy moet neerpen. Alles sal binnekort geopenbaar word. Vir nou, My kind weet net Ek is lief vir jou. Jy is kosbaar, so kosbaar in my oë.” “Die pad gaan makliker raak. My Liefde gaan jou omvou en Ek sal jou die oorwinning gee. Verandering is om die draai. Die gewag is amper verby. Die engele skare sing, want een van die Uitverkorenes gaan opstaan. Dit… Lees verder“Joernaal: 30 Desember 2014”
Joernaal: 29 Desember 2014
Ek gaan bid die middag en ek sien die volgende beeld: Ek sien waar ek in ‘n kerkie is. Ek sien hoe ek praat en my arms is omhoog. Dan sien ek hoe mense vorentoe kom en voor my op hulle knieë gaan. Toe vra ek die Here: “Hoekom is die mense op hulle knieë?” Toe sê die Here: “Ek sal in tyd vir jou verduidelik hoekom. Die mense se lewens sal drasties verander word. Maar vir nou rus in My Vrede, My kind.” Die Here seen julle
Joernaal: 28 Desember 2014
Die Here sê vir my: “Jou bediening wag vir jou.” Ek vra die Here hoe groot die bediening is. Die Here antwoord: “Dit is ’n klein bediening.” Toe sê die Here: “Jy gaan met die jeug werk. Hulle het afgedraai, bring hulle terug na My toe. Jy gaan praatjies lewer. Nog net ’n bietjie dan is jy daar. Ek sal die woorde in jou mond sit en vir jou sê wat om te doen. Rus vir nou eers in My Vrede, My Uitverkorene.” Die Here seen julle
