In die middag toe ek gaan bid sien ek die volgende visioen: Ek loop saam met Jesus. Jesus wys vir my ’n plek wat soos ’n klein kerkie lyk. ’n Deur gaan oop en Jesus loop langs my terwyl ons in die paadjie afstap in die kerk. Daar sit mense in die kerk-banke en ons loop tot voor op die podium, maar ek staan nie agter die preekstoel nie. Ek staan eenkant en ek sien hoe ek praat. Jesus sê toe vir my: “Praat, die mense sal luister.” Die Here seen julle
Maand: September 2017
Joernaal: 17 Desember 2014
Ek het tot die Here gebid en toe antwoord die Here. Die Here sê vir my: “Ek is besig om in jou te werk, My kind. Ek moet jou skaaf. Ek moet dit doen”, sê die Here. “Jy was en is dapper en jy het ver gekom. Hou moed en rus in My vrede. Jou opdrag is groot en jy gaan baie besig wees. Maar Ek sal altyd saam met jou wees. Rus weereens in My vrede.” Die Here seen julle
Joernaal: 16 Desember 2014
Terwyl ek slaap sê die Here: “My Uitverkorene, ek wil jou die goue strate wys van die Hemel.” Alles het baie geblink en ek kon niemand sien nie. Ek het net die Heerlikheid van God en die vrede wat daar was gevoel wat my omring het. Die laaste keer wat ek voor die Troon van God gestaan het was 16 jaar terug. Woorde kan nie die Hemel en die Troon van God beskryf nie. Prys die Here!!! Die Here seen julle
Droom oor Jerusalem, Israel
1 DESEMBER 2014 Maandag oggend net voordat ek wakker geword het, droom ek die volgende. Ek was in Jerusalem in Israel. Ek was nog nooit daar nie. Maar ek het geweet ek is in Israel. Die strate was baie nou en daar was ’n vergadering wat plaasgevind het, in ’n plek wat soos ’n kerk gelyk het. Daar was baie plaaslike predikers en ander Christene. Hulle het Engels gepraat en dan ook ’n taal gepraat wat soos Hebreeus geklink het. Hier en daar het iemand iets in Engels gesê byvoorbeeld: “The New World Order is busy rising up and we must step up our plans.” Hulle het ook gepraat van die Slag van Armageddon en die plek Petra. Die plek Petra het ek duidelik gesien op ’n prentjie wat hulle gewys het. Daar was ook baie kaarte van plekke gewees. Dit was asof ek ’n kykie gekry het hoe die Christene begin voorberei op gebeure wat oppad is. Nadat die Here Jesus weer kom op die wolke en die wegraping vind plaas, sal daar 7 jaar van verdrukking plaasvind. Die tekens wat in daardie tyd moet gebeur tydens die verdrukking is die volgende: Die Antichris se hoofstad Babilon (deesdae Irak) sal… Lees verder“Droom oor Jerusalem, Israel”
