Ek het gaan bid en die Here het die volgende vir my gesê: “Jy is kosbaar. My engele gaan Ek om jou plaas. Skud die stof van jou klere af. ’n Nuwe wêreld lê voor jou. Binnekort, My kind, binnekort. Rol jou mat op. Ek gaan jou binnekort stuur. Skryf, sal jy skryf. Ek sal My Woorde in jou mond lê sê die Here. Pen dit vas. Die Waarheid moet uit. Dit is nie meer lank nie. Daar is nog te veel verlore siele. Ek sal jou versterk en wys wat om te doen. Ek is jou Leermeester en Ek sal jou wys wat om te doen”, sê die Here.
“Ek sal vir jou sê wat om te skryf. Januarie gaan ’n besige maand wees. Rus vir nou, My kind. Daar is baie wat jy moet neerpen. Alles sal binnekort geopenbaar word. Vir nou, My kind weet net Ek is lief vir jou. Jy is kosbaar, so kosbaar in my oë.”
“Die pad gaan makliker raak. My Liefde gaan jou omvou en Ek sal jou die oorwinning gee. Verandering is om die draai. Die gewag is amper verby. Die engele skare sing, want een van die Uitverkorenes gaan opstaan. Dit is ’n blye dag. Wees vrolik, wees bly. Binnekort gaan jy baie meer weet. Ervaar My Liefde, My uitverkorene,” sê die Here.
Die Here seen julle