Joernaal: 16 Januarie 2015

Later in die dag het die Heilige Gees my gelei en toe deel ek die volgende wat ek geskryf het met my man.

Help those who can’t help themselves:

Die Here het arm mense, mense wat verwerp was en wat sonde gedoen het se lewens kom verander toe Hy op die aarde was. Nie net gewone mense se lewens is verander nie. Jesus het gekom om verlorenes en verwerptes te kom red.

Ja, almal doen sonde maar Jesus het meer mense gehelp wat hulle self nie kon help nie. Byvoorbeeld: Abram se vrou Sarai wat onvrugbaar was. Maar deur ’n wonderwerk van Jesus Christus, kon sy op ’n hoë ouderdom geboorte skenk aan ’n seun. Sy kon self daaraan niks doen nie, net die Here kon iets doen.

Lukas 18:27

Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.

‘n Geseende naweek vir julle

1 thought on “Joernaal: 16 Januarie 2015

  1. Laetitia sê:

    Amen. Nothing is impossible with our God.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui