Joernaal: 25 Januarie 2015

Die Here sê vir my: “Die Woord het tot My gekom en laat daar lig wees. Ek is die Woord, My kind.”

Esegiel 17:1-2
1 Die woord van die Here het tot my gekom 2 Mens, jy

moet vir Israel ’n fabel, ’n gelykenis, vertel.

Jeremia 1:4-5

4 Die woord van die Here het tot my gekom 5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.

“Jy wandel nie alleen nie. Waarskuwings, waarskuwings gaan Ek jou gee. Ek sal jou sê wat jy met dit moet doen. Droom gaan jy weer droom. Jy is My kind. Dinge gaan binnekort verander. Jy sal sien sodra dit gebeur. Aanvalle gaan kom, maar Ek is met jou. In My Hande is jy veilig. Niks kan jou uitruk nie.”

Toe sien ek ’n visioen hoe ek en Jesus loop en ons stop by ’n water put. Jesus skep water en ons drink die water. Jesus sê: proe hoe soet is die water, so soet soos My Woord. My Woord sal jou vol maak, My kind. Strome van lewende water sal in jou lewe vloei.”

Johannes 7:38-39

38 Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei 39 Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang.

Eksodus 15:25-26

25 Moses het die Here aangeroep, en die Here het hom ’n stuk hout gewys. Hy het dit toe in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het die Here die volk op die proef gestel en daar het Hy vir hulle ’n vaste reël neergelê. 26 Hy het gesê: “Julle moet goed luister na wat Ek, die Here julle God, sê! Julle moet doen wat reg is in my oë, gehoor gee aan my gebooie en alles doen wat Ek vir julle voorskryf. Dan sal Ek geeneen van die siektes waarmee Ek Egipte getref het, oor julle bring nie, want dit is Ek, die Here, wat julle gesond hou.”

Toe loop ek en Jesus verder vanaf die waterput en toe strek Jesus Sy arm uit en wys vir my ’n dorpie. Jesus sê toe: “Kyk daar, My kind, daardie dorpie daar, oorloë gaan kom. Maar Ek sal hulle bewaar, niks sal met hulle gebeur nie. My engele sal hulle omring en beskerm.

“My Ramshoring gaan binnekort blaas, My kind. Jy gaan baie besig raak, My kind. Die tyd raak min. Maar vir nou, My kind Rus in My Vrede.” Toe vra ek vir die Here: “Watter dorp is dit Here?” En die Here antwoord my: “Israel, My kind, Israel.”

Psalm 91:1-16

Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind

1 Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, 2 hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, My God op wie ek vertrou.” 3 Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou en jou bewaar van dodelike siekte. 4 Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ’n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante. 5 Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oordag, 6 vir pes wat in die donker toeslaan of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie. 7 al val daar duisende langs jou, tienduisend by jou, vir jou sal niks tref nie. 8 Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word. 9 Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, 10 sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie. 11 Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.12 Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie. 13 Jy sal oor leeus en adders loop, leeus en
slange sal jy dood trap. 14 “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red, “sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm. 15 Wanneer hy my aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in eer herstel. 16 ’n Baie lang lewe sal Ek hom gee en oor my hulp sal hy hom verbly.

‘n Geseende naweek vir julle

1 thought on “Joernaal: 25 Januarie 2015

  1. Laetitia sê:

    Very encouraging word. Amen and amen.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui