Die Here sê vir my: “Ek is met jou. Jy is My kind en Ek het jou lief. Niks kan dit van jou wegvat nie. Jy is Myne. Uitverkies.”
“Oor ’n paar dae gaan jou wêreld heeltemal verander. Jy het gedink hoe Ek nou met jou kommunikeer is al hoe Ek met jou gaan praat. Daar wag ’n groot verrassing op jou. Jou hart is rein, My kind. Jy loof My dag en nag. Dankie vir jou gehoorsaamheid, My kind. Ek sien dit.”
“Jy gaan minder huil en meer lag. Die dae van hartseer wees is verby, vreugde gaan jou lewe binnekort oor vat. En niks gaan dit stop nie. Ek is met jou, My kind. Jy hoef vir niks bang te wees nie. Ek sal jou beskerm en bewaar. Maar vir nou, My kind rus. Sela.”
‘n Geseende Donderdag vir julle
