Ek sien ’n visioen hoe ek en Jesus weer saam loop. Toe kom ons by ’n hout deur. Die deur gaan oop en ons loop in die gang af. Dit wil voorkom of dit dieselfde kerkie is wat al vroeër vir my geopenbaar is.
Toe sien ek weer hoe ek praat, maar ek is nie agter die preekstoel nie. Dan sê ek iets oor die Heilige Gees en dat die mense hulle moet bekeer.
Die Here sê toe vir my: “Ek gaan jou kragtig gebruik, My kind. Die tyd is naby dat jy My werk gaan doen. Jy moet opgewonde raak, My kind. Ek is bly, My kind.”
‘n Geseende dag vir julle

Awesome!! All He needs from us is total submission, then He will do it.