Die Vrug Van Die Gees Deel 1

Galasiërs 5:22

 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede,
lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid,
sagmoedigheid, selfbeheersing.

 

Wat beteken dit om in die vrug van die Gees te lewe? Die lys met al die positiewe eienskappe klink aanloklik, maar dieselfde tyd is dit ook ’n tawwe tameletjie met tye. Wat word bedoel met liefde as die vrug van die Gees? Dadelik dink jy daaraan dat jy jou naaste moet liefhê soos jouself.

Dit is dikwels baie moeilik, veral as die persoon wie jy regtig voor moet lief wees jou nie aanvaar wie jy is nie en ook baie selfsugtig optree. Hoe kan jy so ’n persoon liefhê? Soos jou verhouding met die Here verdiep, begin jy besef dat jy die persoon kan liefhê met al sy of haar foute.

Liefde maak jou vry en dit bring jou nader aan die voete van die Here. Deur liefde aan die persoon te toon kan jy deur jou
optrede wys hoe Jesus enige persoon lief gehad het, maak nie saak wie die persoon was nie. Liefde kan selfs ’n koue hart
verwarm.

Om met blydskap te lewe beteken dat jy vreugde vind in die lewe – of dit moeilike of maklike tye is, deur dit alles staan jy sterk en kom ander kant uit. Om met blydskap te lewe, maak jou lewe die moeite werd. Jy sien uit na die dag van more en jy tel elke oomblik van die dag jou seëninge vir dit wat jy het.

Die Here voorsien elke dag in ons behoeftes. Wanneer jy rondom jou kyk en dit raaksien, kan jy die Here loof en dank en met blydskap die dag begin. Wees bly vir die wolklose dag, die son wat helder skyn, die voëls wat die oggend jou wakker sing. Word met ’n lied in jou hart wakker. Maak ’n keuse om bly te wees en jy sal sien dit sal jou dag ophelder en ’n wip in jou stap sit.

In deel 2, bespreek ek die volgende 2 vrugte van die Gees.

‘n Geseende dag vir julle

2 thoughts on “Die Vrug Van Die Gees Deel 1

  1. Laetitia sê:

    Amen my friend.

    Nothing that cld ever rise it’s head in opposition against us is greater than Christ in us. We r positioned to reign over every attack that cld come against us because of who is in us.

  2. Judith sê:

    Amen! Dankie*

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui