Die Vrug van die Gees Deel 2

Galasiërs 5:22

Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede,

lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid,

sagmoedigheid, selfbeheersing.

Vrede:

Vrede kom nie maklik nie. Ons almal wens ons kan in vrede met mekaar leef en oor die weg kom, maar dit is nie altyd moontlik nie. Enige iets is moontlik wanneer jy die Here se pad stap. Vertrou die Here om jou te help deur die Heilige Gees toe te laat om vrede in jou binneste te laat bewerkstellig en glo my, jy sal vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan.

Om in vrede te lewe is hemel op aarde, jou gemoed sal rustig wees. Die Here wil die beste vir ons hê in die lewe en om in vrede te lewe is een van die vrugte wat Hy vir ons gee. Dit is jou keuse. Vra die Here vir vrede in jou gemoed en alles sal beter lyk. Jou probleme lyk dalk nou groot maar as jy begin vrede maak met wat jy het, sien jy kans vir soveel meer wat vorentoe op jou pad kan kom. Vrede bring jou emosies onder bedwang en laat jou die goedheid van die lewe ervaar soos nog nooit voorheen nie.

Lankmoedigheid:

Om lankmoedig te wees, kan die volgende insluit: om baie dinge te verdra sonder om dadelik kwaad te word of ooit kwaad te word. Jy is ook baie geduldig en verdraagsaam. Mense kan mens maklik kwaad maak deurdat dit wat hulle sê en doen jou kan ontstel, maar dit is hoe jy gaan reageer wat die verskil kan maak. Gaan jy jouself vererg wanneer iemand jou kwaad maak, of gaan jy tot tien tel of diep asemhaal en die mense verdra? Dit is ’n kuns om aan te leer maar dit is moontlik.

Deur te verstaan dat die persoon anders dink en voel as jy, gaan die persoon ook anders optree deurdat hy of sy hulle wêreld anders ervaar en beleef. Verskille sal altyd daar wees en om te aanvaar dat elkeen ’n plekkie in die son het, maak nie saak hoe moeilik die persoon is nie, kan jou leer om meer verdraagsaam te wees.

Deur geduld aan te leer sal jy nie so maklik kwaad word nie en jou onnodig opwerk nie. Deur lankmoedig te wees en so te wandel met jou medemens bring net meer ’n gevoel van hoe om met vrede saam met ander in hierdie wêreld te leef.

‘n Geseende dag vir julle

3 thoughts on “Die Vrug van die Gees Deel 2

  1. Laetitia sê:

    Such truth. This reminds me of what James said “be quick to listen, slow to talk and do not get angry”.
    Lord help us to listen to Your Spirit and let the fruit of Your Spirit become tangible in Jesus name.

  2. Judith sê:

    Amen! So waar Anna, ons is net nietige mense, met die Here se genade kan ons in vrede leef! Lief jou ***

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui