Die storms in jou lewe

Wanneer jy deur moeilike tye in jou lewe gaan byvoorbeeld: belangrike besluite wat geneem moet word, en storms woed in jou lewe van alle kante af. Kla en kerm jy baie, omdat jy vasgevang is in hierdie moeilike omstandighede. Wanneer jy bietjie stil staan en kyk na wat aangaan, besef jy dat die Here jou dalk ‘n les wil leer te midde in die storms. Hy toets jou dalk om te kyk of jy deur al die storms, nog steeds staande sal bly in jou geloof en Hom sal bly volg maak nie saak wat dit jou gaan kos nie. Wanneer dit goed of sleg gaan, hou aan om ‘n Loflied vir die Here te sing. Die Here sal die uitkoms gee op die regte tyd.

Die Here is vir ons

Romeine 8:31 – As God vir ons is, wie kan dan teen ons wees. Somtyds voel dit vir ons of mense ons nie aanvaar nie, en ons voel verwerp. Ons voel dan alleen en dat mense nie van ons hou nie. Al probeer ons hoe hard, ons kan mense nie tevrede stel nie. Die Here sal ons nooit verlaat nie. Hy is altyd met ons. Al verlaat mense ons lewens. Die Here sal ons nooit verlaat nie.Hy is altyd met ons. Ons is Sy kinders en Hy is baie lief vir ons.

Die Here se koms is naby

Mense dit is tyd om ernstig te raak. Die tyd om speletjies te speel is verby. Jy gaan jouself moet begin afvra: Waar staan ek met die Here? Tyd is besig om uit te hardloop en die Here se koms is nie ver nie. Mense word wakker!!! Orals is die tekens om julle. Kyk om julle rond en julle sal sien wat gebeur. Die tyd kom nader wanneer die Here sy ware kinders gaan kom verlos. Gaan jy een van hulle wees?? Dink hieroor na want jy moet ‘n keuse begin maak. Dit is nie meer lank nie. Die Here se koms is spoedig!!!

Winter

Die winter is hier. Die snerpende koue wind waai. Lae, op lae klere voel nie genoeg. Die wind voel of dit deur my waai en draai.   Bibberend klou ek aan my koppie warm tee. Hoop dit sal my ‘n bietjie warmte gee. Die son skyn trietsig deur die winters wolke. Die voëls probeer om die kolle waar die son skyn in te drink. Hulle veertjies waai verwoed in die wind. Maar nogtans hoor ek die voëlgesang.   Snoesig slaap ek vanaand. Met kombers op kombers op my bed. Rustig raak ek aan die slaap. Om more met nuwe moed te ontwaak.

Profetiese Woord: Wind van Verandering

Ek het stiltetyd gehou en die Here het die volgende openbaring vir my gegee: “Soos die Augustus wind waai, so gaan die wind van verandering waai oor die land. Verandering gaan orals plaasvind ten goede My kind. Verandering gaan plaasvind in skole, besighede, woongebiede, oral oor die land. Die verandering wat gaan kom, is My Gees van Vrede en Kalmte wat oor die hele land sal gaan. Die wat My ken sal nader aan My wees. Meer siele gaan gered word vir My, My kind. My Naam sal geeër word in plekke, wat voorheen nie My Naam wou noem nie.” “Verandering gaan kom My kind. Mense gaan meer op hulle knieë gaan en My aangesig soek. “