Die naam van die Here

Vandag wil ek graag ‘n spesifieke geleentheid bespreek en my opinie deel. Dit gaan oor die verskeie name van ons God. Die Here het ‘n paar verskillende name waaronder God, YAHWEH, ELOHIM en vele meer.

Dit laat die vraag ontstaan by ‘n gelowige, wat nou eintlik die regte naam van die Here is. Hier word dit natuurlik ‘n tameletjie onder gelowiges. Party beweer Yahushua is die regte naam vir Jesus ander sê Jesus is dit regte naam.

Dit is so hartseer as mense begin baklei en stry oor die Here se naam. Vriende en selfs families is uit mekaar geskeur deur die enkele probleem.

As jy ‘n stappie terug vat en jy bekyk die spulletjie so van ‘n kant af kom jy gou agter dat die vyand (Satan) betrokke is. Dit is sy eind doel om vriende en families te vernietig. Die Bybel sê dat die Satan loop rond soos ‘n brullende leeu op soek na die volgende persoon wat hy kan verslind. Ons word partykeer in getrek in die probleem in en dink nie dat die vyand dalk besig is om onmin te saai nie.

Die Here is ‘n liefdevolle, genade volle God wat vrede en liefde voor staan. Hy wil nie hê ons moet baklei en stry oor Sy naam nie. Dink jy dit maak ‘n verskil as ons Hom Jesus of Yahushua noem? Ek dink nie so nie. Die Here het al die tale op aarde geskape. Dit gaan nie oor watter taal jy gebruik vir sy naam nie. Liewe leser dit gaan daar oor om ‘n verhouding met Hom te hê. Hy stel in jou belang en nie in die naam wat jy Hom noem nie. Daarmee bedoel ek nie ons moet nie respek vir die naam vir die Here hê nie.

Kom ons vat vandag hande, respekteer mekaar se uitkyk op die naam van die Here en dien ons God. Kom ons weerstaan die duiwel en bou ‘n verhouding met God.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui