Vandag leef ons in snaakse tye. Ons lewe in die eind tye. In Mattheus 24 sê Jesus vir sy dissipels: “Pas op dat niemand julle mislei nie”. Ek moet nou eerlik wees en sê dat ek die vers al verskeie kere gelees het. Dit is ‘n heel eenvoudige vers, een wat ‘n mens maklik nie eens twee keer oor sal dink nie. Ek het nie. Maar het jy al regtig gaan sit en dink wat beteken die vers? Wat beteken dit om nie mislei te word nie? Die woordeboek definisie van mislei beteken om te bedrieg, om verkeerd te lei. Die engelse woord vir mislei is “mislead”. Die Miriam Webster woordeboek definieer dit so: “to lead astray : give a wrong impression”. Jesus sê ons moet pasop dat ons nie bedrieg word nie. Die vraag is word jy bedrieg deur iemand of dinge? Ek dink enige normale mens sal vandag antwoord nee, ek is in beheer. Goed maar kom ek daag jou uit vandag, kom ons gaan krap bietjie rond. Op die oog af bedrieg niks ons nie, maar nou wil ek graag hier ‘n stelling maak. Die vyand het ons al so gewoond gemaak aan dinge wat verkeerd is… Lees verder“Pasop vir misleiding”
Skrywer: Johan Basson
Die naam van die Here
Vandag wil ek graag ‘n spesifieke geleentheid bespreek en my opinie deel. Dit gaan oor die verskeie name van ons God. Die Here het ‘n paar verskillende name waaronder God, YAHWEH, ELOHIM en vele meer. Dit laat die vraag ontstaan by ‘n gelowige, wat nou eintlik die regte naam van die Here is. Hier word dit natuurlik ‘n tameletjie onder gelowiges. Party beweer Yahushua is die regte naam vir Jesus ander sê Jesus is dit regte naam. Dit is so hartseer as mense begin baklei en stry oor die Here se naam. Vriende en selfs families is uit mekaar geskeur deur die enkele probleem. As jy ‘n stappie terug vat en jy bekyk die spulletjie so van ‘n kant af kom jy gou agter dat die vyand (Satan) betrokke is. Dit is sy eind doel om vriende en families te vernietig. Die Bybel sê dat die Satan loop rond soos ‘n brullende leeu op soek na die volgende persoon wat hy kan verslind. Ons word partykeer in getrek in die probleem in en dink nie dat die vyand dalk besig is om onmin te saai nie. Die Here is ‘n liefdevolle, genade volle God wat vrede en liefde voor staan…. Lees verder“Die naam van die Here”
