Wanneer mens moeg en uitgeput is, voel dit of jy nie meer krag het om aan te gaan nie. Moegheid laat jou negatief dink en optree. Jy doen en sê dinge wat dalk verkeerd opgevat kan word. Maar dit is omdat jy nie reguit kan dink nie.
Jou brein voel of dit vol spinnerakke is, wat orals verstrengel is. Jy kan nie helder dink nie. Jy het dalk aanhou probeer om iets te doen, en elke keer het dit gefaal.
Elke keer wanneer jy gefaal het, het jy opgestaan en weer probeer. En dan was jy weer plat geslaan deur die omstandighede. ‘n Totale moegheid het jou oorval, en jy sien nie kans om verder aan te gaan nie.
Jy begin dink: Daar moet ‘n ander oplossing wees? Maar selfs jou denke wil nie eens saamwerk nie. Want jy is so uitgeput en moeg dat jy nie eers aan oplossings kan dink nie.
Maar, daar is hoop vir jou. Om uit die put van moegheid te kom. Deurdat jy by Jesus Christus se voete gaan sit. Kan jy uitroep na die Here om hulp, en jouself heeltemal oor gee aan die Here se Rus. Laat die Here se Vrede en Rus jou lewe oorstroom.
Strome van lewende water sal oor jou stroom en jou siel verkwik.
Johannes 8:38 ~ Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.
Die Here sal jou nuwe krag gee, sodat jy dit wat volgende op jou wag met nuwe moed en wilskrag kan aanpak. Die moegheid sal verdwyn en jy sal sterker voel. Met die wete dat die Heilige Gees saam met jou is, om jou te lei en te onderskraag.

Matteus 11:28 ~ “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.”

Amen! Dit is net die Here se liefde en Genade wat ons deurdra! Prys die Here!