Johannes 15:5 – Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. Here Jesus, laat ons elke dag strewe om aan U gehoorsaam te wees. Sodat ons dit sal doen wat U Woord verlang, 24 uur per dag. Dat ons elke dag kan besef hoe afhanklik ons is van U, en dat ons goeie vrugte sal dra wat vir U aanneemlik is O Here. Amen
Maand: September 2016
I HAVE FOUND YOU JESUS (PROPHETIC POEM)
I have searched for You O Lord, during the day, and in the quietness of the night. I have called out to You, and You answered me: My Child, I hear you, I see you, I heard you, And know this I LOVE YOU. I have knocked on the door, and You have opened the door. My life is filled with your Spirit, I am walking on the path, You destined me to be. And You answered me: My Child, Look up and never look down again. Let my light shine bright, for all to see. And know this that I LOVE YOU. You have searched Me and you have found Me. That is the greatest reward you will ever have. Rejoice My Child, In knowing that My peace reign in you. Matthew 7:7-8 ~ 7 Ask, and it will be given to you; seek, and you will find; knock, and it will be opened to you. 8 For everyone who asks receives, and the one who seeks finds, and to the one who knocks it will be opened. (English Standard Version)
Vind rus by Jesus
Lukas 8:27 – En hulle het na Hom gegaan en Hom wakker gemaak en gesê: Meester, Meester, ons vergaan! Hy staan toe op en bestraf die wind en die watergolwe, en hulle het bedaar en daar het ’n stilte gekom. Al woed storms om ons. Weet ons dat ons totale vrede en rus kan ervaar by U, Here Jesus. Here U laat die storms in ons lewens bedaar deur U Oneindige Liefde wat ons omvou. Amen
Om ‘n dienaar van Christus te wees
Psalms 19:15 – Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o Here, my rots en my verlosser! Here, as daar goed is wat verander moet word in my lewe. Verander dit asseblief sodat ek ‘n ware, rein en onbevlekte werktuig kan wees. Dat U my kan gebruik om U Koninkryk hier op aarde te vestig. Amen
