Joernaal: 19 Januarie 2015

Die Here sê vir my: “Moenie jou met ander vergelyk nie. Jy is enig in jou soort. Binnekort sal jy weet watter gawes jy het en hoe jy dit gaan gebruik. Ek sal jou lei. Ek is jou Leermeester. Glo en vertrou dinge gaan binnekort verander.”

“Jy is nederig, My kind. En dit is hoe jy moet wees. Ek weet wie jy is My uitverkorene. Jy leef vir My en jy gaan My werk hier op aarde uitvoer. Jy gaan niks anders doen nie. Dit is jou beroep. Dit is lankal so bestem. Vergeet wat hulle teen jou sê. Hou jou oë gerig op My. Dit is al wat jy nodig het. Jou Vader Abba het jou baie lief. Rus, My kind.”

‘n Geseende dag vir julle

 

1 thought on “Joernaal: 19 Januarie 2015

  1. laetitia dentry sê:

    Amen en amen!!!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui