Die Here sê vir my: “Dit tyd is naby, My kind. Oorloë gaan uitbreek in plekke. Mense haat mekaar. Vrede bestaan nie meer nie. Dit wat Ek gemaak het word verwoes. Hoe lank nog? Hoe lank nog? Ek huil, My kind. Ek sien al die onreg wat aan My geliefdes gedoen word. Dit is nie meer lank nie. Ek gaan My geliefdes kom haal. Julle is nie meer deel van hierdie wêreld nie. Ek gaan julle kom haal sodat julle veilig sal wees.”
“Anargie gaan uitbreek op die aarde. Maar julle sal veilig wees saam met My. Dag word nag en nag word dag, alles gaan deurmekaar raak. Maar is dit nie alreeds so nie? Ek ken nie meer die aarde wat Ek geskape het nie. Die Oordeel gaan kom. Mense se oë moet oop gemaak word, anders is dit te laat vir hulle. My Staf gaan hulle tref. Maar My geliefdes sal veilig wees saam met My.”
Jesaja 30: 27-28
27 Kyk, die Naam van die Here kom van ver af, sy toorn brand, swaar wolke kom op; sy lippe is vol grimmigheid en sy tong soos ’n verterende vuur, 28 en sy asem soos ’n oorlopende stroom wat tot by die nek kom — om nasies te sif met ’n sif van vernietiging; en ’n toom wat verkeerd stuur, is in die kakebene van die volke.
Mattheus 24: 6-7
6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. 7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
‘n Geseende Sondag vir julle
