Die Vrug van die Gees: Deel 3

Galasiërs 5:22

Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede,

lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid,

sagmoedigheid, selfbeheersing.

Vriendelikheid:

Deur vriendelikheid uit te leef in jou daaglikse bestaan is om vriendelik met almal te wees, maak nie saak wie jy in aanraking kom gedurende jou dag nie. Vriendelikheid kos niks, dit is gratis en ’n geskenk om aan ander te gee. Jy gaan niks in die proses verloor nie maar jy kan soveel meer ontvang, deur vir ander mense ’n voorbeeld te wees. Om vir ander mense te glimlag en hulle vriendelik te groet, kan jy daardie persoon se dag maak en hom of haar beter laat voel.

Jy dink dalk dit beteken nie veel om vriendelik te wees nie, maar vir ’n ander persoon kan ’n glimlag of ’n hartelike groet baie meer beteken as wat jy ooit kan besef. Die persoon gaan dalk deur ’n moeilike tyd en is depressief.

Deurdat jy spontaan glimlag en hartlik groet helder jy daardie persoon se dag op en dit is aansteeklik deurdat die persoon weer vir iemand anders glimlag. So kan ’n proses aangesit word deurdat een persoon ’n glimlag of vriendelik groet aangee. Dit maak die lewe ligter en verskaf ook diepe vreugde vir mense, wat dit so nodig het om meer positiewer oor die lewe te dink en dit ook uit te leef.

Goedheid:

Om in goedheid op te tree is om in ander mense se wel en weë belang te stel. Jy sal sit en luister na ’n persoon wat n probleem ervaar. Jy sal die persoon help waar jy kan. As dit byvoorbeeld ‘n materiële probleem is deurdat die persoon nie kos of klere het nie. Kan jy in jou kaste gaan kyk watter klere pas nie meer nie en of daar kos in jou kaste is wat jy aan die persoon kan skenk. Om goed aan ander te doen laat jou beter voel oor die lewe.

Al lyk dit donker om jou deur ’n daad van goedheid te doen, reik jy na ander uit en dit laat jou ook beter voel. Jy voel jy het ’n verskil in ’n ander persoon se lewe gemaak al was dit hoe gering. Maar die blydskap op ’n persoon se gesig of ’n sagte dankie van die persoon wat die kos en klere ontvang, bring ‘n warmte binne in jou hart. Dit laat jou besef deur goedheid kan jy ’n baie groot verskil maak deur ’n persoon laat besef, jy gee om en die persoon is nie alleen nie. Goedheid = omgee.

‘n Geseënde dag vir julle

1 thought on “Die Vrug van die Gees: Deel 3

  1. Judith sê:

    Amen!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui