Ek sien die volgende visioen: Ek en die Here stap, dan gaan sit ons in die veld. Oral is lang gras. Dan begin Jesus met my te praat: “My geliefde kind, ek het oor en oor myself aan jou bewys Ek is met jou. Aanslae gaan kom, mense gaan jou verwerp, want jou doel is groot en anders. Glimlag, My kind. Jy is My kind. Niks sal dit ooit verander nie. Rus nou in die wete jy is My werktuig en Ek sal jou stuur soos Ek wil. Jy is gehoorsaam aan My Woord. My liefde sal jou omvou. Maar nou, My kind, rus in My Arms wat jou omvou.” ‘n Geseende Donderdag vir julle
Kategorie: Joernaal
Joernaal: 4 Februarie 2015
01:50 in die oggend word ek wakker en hoor iemand loop met tekkies op die teëls. Ek sit toe my lampie aan en luister en dit klink toe of iemand in die huis is. Ek maak toe my man Johan wakker en sê vir hom ek dink hier is iemand in die huis. Ek het dit baie helder gehoor die geloop en die geluid van tekkies. Toe vra ek die Here om ons te beskerm en ons gaan toe van kamer tot kamer, maar ons kry niks nie. Later die middag gaan bid ek en die Here sê vir my: “Moet vir geen oomblik dink jy is mal nie, My kind. Ek is net besig om jou aan goed te openbaar wat jy gaan gebruik om goed te onderskei, soos geeste en demone. Dit gaan ook deel wees van jou werk. Ek weet jy het groot geskrik, My kind, maar Ek is met jou. Ek sal jou bewaar en ek gaan My engele rondom jou plaas. Niks sal aan jou raak nie en niks sal jou seermaak nie.” “Ek begin om jou gereed te maak sodat jy My werk kan doen en uitvoering kan gee aan My Wil hier op aarde. Jou… Lees verder“Joernaal: 4 Februarie 2015”
Joernaal: 3 Februarie 2015
“Dit wat nou in jou lewe plaasvind, My kind, moet gebeur. Dit is die laaste skaaf en vorming wat moet plaasvind. Ek weet dit is nie lekker nie, maar hierdie is die laaste toetsing om te sien of jy nog gehoorsaam is. En, ja, My kind, jy slaag die toets. Jy word moedeloos en gefrustreerd. Maar steeds vertrou en fokus jy jou aandag op My.” “Jou deurbraak kom binnekort. Dinge gaan heeltemal verander. Verandering is om die draai. Hou moed, hou moed, My kind. Dit gaan ’n blye en ongelooflike dag wees wanneer jy weet wat jy moet doen vir My. Dit gaan die wag die moeite werd maak. Jy sal sien, My kind.” Mattheus 25:23 …sy eienaar sê toe vir hom: ‘Mooi so! Jy is ’n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’ Lukas 16:10 Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar. ‘n Geseende Saterdag vir julle
Joernaal: 2 Februarie 2015
Ek sien ’n visioen hoe ek en Jesus weer saam loop. Toe kom ons by ’n hout deur. Die deur gaan oop en ons loop in die gang af. Dit wil voorkom of dit dieselfde kerkie is wat al vroeër vir my geopenbaar is. Toe sien ek weer hoe ek praat, maar ek is nie agter die preekstoel nie. Dan sê ek iets oor die Heilige Gees en dat die mense hulle moet bekeer. Die Here sê toe vir my: “Ek gaan jou kragtig gebruik, My kind. Die tyd is naby dat jy My werk gaan doen. Jy moet opgewonde raak, My kind. Ek is bly, My kind.” ‘n Geseende dag vir julle
Volkome vertroue in die Here
Spreuke 3:5-6 5 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. 6 Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. As jy volkome op die Here vertrou gaan daar so baie deure vir jou oop. Voorheen het jy dalk ervaar dat die deure toe geslaan word voor jou. Ons wil so graag self besluit oor wat vir ons reg en verkeerd is in die lewe. En ja dit is in ’n mate elke persoon se keuse om te kies tussen wat reg en verkeerd is. Waar die verskil inkom, is wanneer jy die Here volkome vertrou, sal Hy dat die Heilige Gees jou lei en jou wys wat jy moet doen. Die antwoord gaan dalk nie dadelik kom nie, maar hou moed en hou aan glo. Die Here antwoord op die regte tyd. Ons wil so graag hê dinge moet nou gebeur of wanneer ons wil hê dit moet gebeur. Ons maak op ons eie insigte staat wat die beste vir ons gaan wees. Maar die Here het ’n groter plan met elkeen van ons. Sy paaie vir ons is onbekend totdat jy die weg begin… Lees verder“Volkome vertroue in die Here”