Joernaal: 16 Januarie 2015

Later in die dag het die Heilige Gees my gelei en toe deel ek die volgende wat ek geskryf het met my man. Help those who can’t help themselves: Die Here het arm mense, mense wat verwerp was en wat sonde gedoen het se lewens kom verander toe Hy op die aarde was. Nie net gewone mense se lewens is verander nie. Jesus het gekom om verlorenes en verwerptes te kom red. Ja, almal doen sonde maar Jesus het meer mense gehelp wat hulle self nie kon help nie. Byvoorbeeld: Abram se vrou Sarai wat onvrugbaar was. Maar deur ’n wonderwerk van Jesus Christus, kon sy op ’n hoë ouderdom geboorte skenk aan ’n seun. Sy kon self daaraan niks doen nie, net die Here kon iets doen. Lukas 18:27 Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik. ‘n Geseende naweek vir julle

Joernaal: 14 Januarie 2015

“Mense is so besig om te werk”, sê die Here, “hulle weet nie wat regtig gaan gebeur nie. Hulle is so besig met die wêreldse dinge. Ja mense moet werk. Maar mense vergeet van My”, sê die Here. “Hulle werk, werk, werk net. Ken hulle My ooit?” sê die Here. “Die Trompetgeskal is om die draai. Mense moet wakker word!!! Dit is nie nou tyd om te slaap nie!” 1 Korintiërs 15 meld die trompetgeskal wat die koms van Jesus sal aankondig. Jesus met ons, en ons swak, verganklike liggame wat oombliklik verander na heerlik en onverganklik. Geen siekte, geen gebrek en geen swakheid meer nie. C.S. Lewis vergelyk dit met die gevoel van verligting wat ons ervaar na ’n dag se harde werk, wanneer ons uitgeput en kwasterig in ’n stoel neersak en ons skoene uitskop en ons welbehaaglik uitstrek. Die swak liggaam word vervang met een van vreugde en verligting. Aan God al die Lof vir Ewig en Ewig. Amen Later die aand so 6 uur terwyl ek kos opskep, hoor ek ’n Ramshoring blaas. Toe dink ek dit is die wegraping. Ek weet dit is ’n waarskuwing. ‘n Geseende dag vir julle

Joernaal 12 Januarie 2015 : Visioen: Saam met die Here Jesus

Die middag van die 12de Januarie 2015 sien ek die volgende visioen: Ek sit by Jesus se voete. Dan steek Jesus Sy hand uit en ek vat Sy hand. Dan staan ek op en ons begin te stap. Toe sê Jesus vir my: “Kom, My kind, ek wil jou nog iets gaan wys.” Ons loop en ewe skielik gaan deure voor my oop. ’n Baie helder lig skyn. Die Here sê toe vir my: “My Vader is tevrede met jou, My kind.” Toe staan ek weer voor die troon van God. Dan begin die engele sing: “Heilig, Heilig, Heilig, God Almagtig.” Die Here sê vir my: “My kind Ek gaan die laaste goed van jou af wegvat, Ek moet jou skaaf.” Dan sien ek goue kandelare aan weerskante van die Troon van God terwyl ek daar staan. Ek kon God glad nie sien nie. Maar die Here se teenwoordigheid kon ek aanvoel en ek het liefde en vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan. Jesus draai toe na my en vat aan my wang. Jesus sê toe vir my:  “Jou trane droog Ek af. Van nou af sal jy vrede en geluk ervaar soos nog nooit van tevore. Drink My Goedheid… Lees verder“Joernaal 12 Januarie 2015 : Visioen: Saam met die Here Jesus”

Joernaal: 11 Januarie 2015

In die middag toe ek gaan bid sê die Here vir my: “Hou vas aan My Woord. Drink My Woord. Die Lig gaan binnekort skyn. Die donker gaan verdwyn. Jou drome gaan waar word. “Daar is nie meer baie tyd nie, My kind. Ek het jou as My dienaar nodig. Dit is die laaste dae. Jy gaan ’n groot rol speel. Raak rustig, My kind. Ek sal jou heeltemal verander, sodat jy jou doel kan uitvoer. Weet Ek is met jou. Ek gaan jou krag gee as jy swak is. Jy is My kind. Ek is lief vir jou. Rus nou want baie werk lê voor.” ‘n Geseende dag vir julle

Joernaal 7 Januarie 2015

Gedurende my gebeds tyd sien ek die volgende visioen: Ek sien waar ek weer in die kerkie is en voor staan en die mense kniel voor my. Dan sien hoe ek praat met die mense en dan sê ek: “Ontvang die Heilige Gees.” Toe sê die Here vir my: “Dit is nie meer lank nie. Verharde harte moet sag word. Die Ramshoring gaan blaas. Baie is nog nie gereed nie. Maak My mense bymekaar My uitverkorene. Ek sal jou die krag en die leiding gee om dit te doen. Vertrou My net. Maar vir nou, rus, My kind.” ‘n Geseende naweek vir julle