Joernaal: 4 Januarie 2015

Die middag terwyl ek bid sê die Here vir my: “Moenie jou kop so deurmekaar maak nie, My kind. Ontspan. Ek sal jou lei. Saam gaan ons die pad vorentoe stap. Ek is met jou, My kind. Jy is dalk verward. Maar weet dit. Binnekort sal alles geopenbaar word. “Rus sag, My kind. Daar lê nog baie werk voor. Jy het die rus nodig. Jy moet kragte opbou. Binnekort is jy ’n werkende mens vir My. Jy gaan My werke hier op aarde doen. Jou drome gaan waar word. Jou droom waar ek met jou gepraat het 16 jaar terug sal waar word. Jy is My uitverkorene. Ek het jou nodig. Die waarheid moet uit. Daar is orals hulp krete. Verlorenes moet bymekaar gemaak word. Sela. Maar vir nou, My kind rus in My Vrede.” Toe onthou ek 16 jaar terug het die Here ook vir my gesê: “Maak mense bymekaar. Die einde is naby.” Toe sê die Here vir my: “Verlorenes moet bymekaar gemaak word.” Dit voel en klink of dinge nou baie vinnig aan die gebeur is en of tyd nie meer baie is nie. Ek het hierdie gevoel gekry daar is nog baie werk om te doen en die… Lees verder“Joernaal: 4 Januarie 2015”

Wees Stil

PSALM 46:11 Laat staan en weet dat Ek God is. In hierdie gejaagde lewe waarin ons leef, is dit baie moeilik om tyd in te rig om stil te word of die wêreldse eise en dinge te laat gaan. Om tyd saam met die Here te hê is uiters belangrik maar hoe om dit in te rig in ons besige skedules is ’n perd van ’n ander kleur. Jy staan vroeg op, eet ontbyt, trek aan vat dalk die kinders skool toe en dan reguit kantoor toe. Dit is ’n mallemeule van ’n gejaag van punt A na punt B en partykeer is daar dalk nog punt C en D na wat jy toe moet jaag soos jou kinders se buitemuurse aktiwiteite. Dit kan regtig veeleisend raak en jou tyd saam met die Here al hoe minder maak. Maar wat kan jy doen? Jy kan die dinge van die wêreldse lewe laat staan. Wat ek daarmee bedoel, is dat jy jou fokus verander met tye gedurende jou dag. Soos byvoorbeeld om vroeër op te staan in die oggend en tyd te maak deur Bybel te lees en te bid en jou eie stilte tyd te hou voordat die dag amptelik… Lees verder“Wees Stil”

Joernaal: 31 Desember 2014

Die Here sê vir my: “Die tyd is amper hier, My kind. Nog net ’n paar ure. More oggend as jy opstaan is jy ’n nuwe mens. In jou liggaam sal jy dit voel. Genesing gaan begin.” Toe dank ek die Here en praat in tale. Toe sê die Here: “Ek hoor, My kind. More sal jy verstaan vir die eerste keer sal dinge sin maak.  “Jou hele lewe gaan verander. Ek seën jou, My kind en Ek salf jou. Dit is ’n blye, blye dag. My gesalfde Ek het jou lief, My uitverkorene. Die skatte van die Hemel gaan binnekort ontsluit word. Dan sal jy dinge helderder verstaan. Maar vir nou, My kind rus in My vrede.” Die Here seen julle  

Joernaal: 30 Desember 2014

Ek het gaan bid en die Here het die volgende vir my gesê: “Jy is kosbaar. My engele gaan Ek om jou plaas. Skud die stof van jou klere af. ’n Nuwe wêreld lê voor jou. Binnekort, My kind, binnekort. Rol jou mat op. Ek gaan jou binnekort stuur. Skryf, sal jy skryf. Ek sal My Woorde in jou mond lê sê die Here. Pen dit vas. Die Waarheid moet uit. Dit is nie meer lank nie. Daar is nog te veel verlore siele. Ek sal jou versterk en wys wat om te doen. Ek is jou Leermeester en Ek sal jou wys wat om te doen”, sê die Here. “Ek sal vir jou sê wat om te skryf. Januarie gaan ’n besige maand wees. Rus vir nou, My kind. Daar is baie wat jy moet neerpen. Alles sal binnekort geopenbaar word. Vir nou, My kind weet net Ek is lief vir jou. Jy is kosbaar, so kosbaar in my oë.” “Die pad gaan makliker raak. My Liefde gaan jou omvou en Ek sal jou die oorwinning gee. Verandering is om die draai. Die gewag is amper verby. Die engele skare sing, want een van die Uitverkorenes gaan opstaan. Dit… Lees verder“Joernaal: 30 Desember 2014”

Joernaal: 29 Desember 2014

Ek gaan bid die middag en ek sien die volgende beeld: Ek sien waar ek in ‘n kerkie is. Ek sien hoe ek praat en my arms is omhoog. Dan sien ek hoe mense vorentoe kom en voor my op hulle knieë gaan. Toe vra ek die Here: “Hoekom is die mense op hulle knieë?” Toe sê die Here: “Ek sal in tyd vir jou verduidelik hoekom. Die mense se lewens sal drasties verander word. Maar vir nou rus in My Vrede, My kind.” Die Here seen julle