Psalm: 94: 12-13 12 Dit gaan goed met die mens wat deur U opgevoed word, Here, vir wie U onderrig in u woord 13 en vir wie U rus gee na tye van teëspoed. Hoe bly ‘n mens kalm, ten spyte van jou omstandighede wat jou oorweldig? Hoe kan jy ‘n instrument van vrede wees, waar jy ook al gaan? Hoe styg jy bo jou omstandighede uit, in plaas van dat jou omstandighede jou onder kry? God wil jou vandag laat weet. Dat jy moet lewe volgens Sy Woord in elke area van jou lewe. Jy moet leer om meer sensitief en ingestel te wees vir Sy stem. Om Sy stem te herken en te reageer as Hy jou roep. Wees gehoorsaam aan die Here. Die Here sal jou nooit iets gee wat te swaar is om te dra nie. Gee al jou bekommernisse vir Hom. Die duiwel sal altyd al jou foute en tekortkominge uitwys en jou laat dink jy is nie waardig nie. Moet nie na die duiwel luister nie. Die Here het aan die kruis vir jou gesterf en in Sy oë sal jy altyd aanvaarbaar wees vir Hom. Begin vandag om voluit vir die Here te lewe…. Lees verder“Vertrou op God en laat Sy kalmte oor jou spoel”
Die Here sal jou lei
~ Jesaja 58: 11 ~ Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in die dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water, soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie. Ons moet ons self ontvanglik en oop stel vir die leiding van die Heilge Gees. Wanneer jy tyd neem om te luister, sal jy hoor die Heilige Gees praat met jou. Al gaan jy deur ‘n moeilike en dor tydeperk in jou lewe, die Here is nogsteeds saam met jou. Al voel jy alleen, moet jy besef dat die Here jou nooit sal verlaat nie. Die Here sal jou lei waar jy ook al gaan, en in jou behoeftes voorsien wat jy benodig. Met die leiding van die Here in jou lewe, is jy borrelend vol van die Lewende God. Soos die Heilige Gees jou lei wanneer jy belangrike keuses en besluite moet maak, sal jy die keuses en besluite maak wat voldoen aan die Here se Wil. Here, dankie dat U Heilige Gees ons lei en dat ons kan besef dat U is met ons. U lei ons altyd op die regte weg, tot… Lees verder“Die Here sal jou lei”
VERLOS VAN VERSLAWING
Ek was vir omtrent 10 jaar verslaaf aan oor die toonbank poeiers genaamd, grandpa poeiers. Ek het die poeiers begin drink vir kopseer en ook om die lewe te kan hanteer. Partykeer was ek erg gestres en die poeiers het my verdoof. Ek het party dae tot 5 poeiers ‘n dag gedrink. Ek kon nie sonder dit lewe nie. Ek sou sorg dat ek altyd genoeg by my het. Dit was die eerste ding wat ek in die oggend aan gedink het. Saam met die poeiers het newe effekte gekom: erger kopsere, seer keel, vlekke van fyn aartjies in my nek, my bloed was baie dun en ek het baie gebloei as ek bloed sou trek. Maar dit het my min gepla. Ek het dit aanhou gebruik en dit het my gesus van die werklikheid. Maar aan die einde van 2012, het ek en my man in die aand ‘n Christelik fliek gekyk. Die fliek het begin met die volgende woorde: “Are you a fan? Or are you a follower?” Toe sê ek vir my man: hierdie klink na ‘n goeie fliek. Die fliek se naam was “Not a fan”. Die Here het met my deur die fliek gewerk, en… Lees verder“VERLOS VAN VERSLAWING”
Openbaring van die Here!! Blow the trumpet in Zion, sound the alarm!!
Vanoggend toe word ek wakker, en ek praat met die Here oor al die goed wat in die wêreld aan die gang is. Toe ewe skielik kom die woorde: “Blow the trumpet in Zion, sound the alarm” op. Ek vra toe die Here wat beteken dit? Die Here antwoord my: “ My kind, My koms is naby. Baie mense is nie gereed nie. Skud die mense, sodat die skille van hulle oë sal afval. Laat die wat lou warm is, warm word vir My. Baie mense moet gered word My kind. Die ramshoring gaan geblaas word, om My koms aan te dui. Daarom het ek vir jou gesê: “sound the alarm.” “Wat doen ‘n alarm My kind? Dit maak ‘n mens wakker. Mense moet wakker word, daar is nie meer tyd nie. My koms is naby. Dit maak My hartseer My kind, baie mense weet nie eens van My nie. Daarom My kind, “sound the alarm.” Daar is nog tyd vir mense om na My toe te kom. Wees wakker en paraat soos ‘n soldaat. “ “Wat ‘n wonderlike dag gaan dit nie wees nie My kind, wanneer ek My geliefde kinders gaan kom haal. Hou moed My kind, dit… Lees verder“Openbaring van die Here!! Blow the trumpet in Zion, sound the alarm!!”
Pasop vir misleiding
Vandag leef ons in snaakse tye. Ons lewe in die eind tye. In Mattheus 24 sê Jesus vir sy dissipels: “Pas op dat niemand julle mislei nie”. Ek moet nou eerlik wees en sê dat ek die vers al verskeie kere gelees het. Dit is ‘n heel eenvoudige vers, een wat ‘n mens maklik nie eens twee keer oor sal dink nie. Ek het nie. Maar het jy al regtig gaan sit en dink wat beteken die vers? Wat beteken dit om nie mislei te word nie? Die woordeboek definisie van mislei beteken om te bedrieg, om verkeerd te lei. Die engelse woord vir mislei is “mislead”. Die Miriam Webster woordeboek definieer dit so: “to lead astray : give a wrong impression”. Jesus sê ons moet pasop dat ons nie bedrieg word nie. Die vraag is word jy bedrieg deur iemand of dinge? Ek dink enige normale mens sal vandag antwoord nee, ek is in beheer. Goed maar kom ek daag jou uit vandag, kom ons gaan krap bietjie rond. Op die oog af bedrieg niks ons nie, maar nou wil ek graag hier ‘n stelling maak. Die vyand het ons al so gewoond gemaak aan dinge wat verkeerd is… Lees verder“Pasop vir misleiding”
