Die sesde rede vir gebed is: Wag op die Here. Ek weet dit is moeilik om geduldig te wees. Maar die Here wil ons leer om Hom te vertrou. Psalm 27:14 ~ Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here! Psalm 33:20 ~ Ons vertrou op die HDie sesde rede vir gebed is: Wag op die Here. Ek weet dit is moeilik om geduldig te wees. Maar die Here wil ons leer om Hom te vertrou. Sewende rede: As jy ‘n nuwe mens in Christus is, word jy vernuwe. Deurdat jy jou sondes belei het op jou knieë, het jy jou hele lewe oorgegee vir die Here. Dan kan die Here met jou begin werk en jou vorm na Sy Wil. Sodat jy al hoe meer soos Hy sal optree en leef. Kolossense 3:9-10 ~ 9 Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek 10 en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God. Die agtste rede is om God te behaag. Die Here wil hê ons moet tyd maak om… Lees verder“‘n Christelike Lewenswyse: Gebed (deel 2)”
‘n Christelike Lewenswyse: Gebed (deel 1)
Wanneer ons alleen in ons binnekamer toe gaan, en tyd saam met die Here spandeer op ons knieë. Kan ons uitroep na die Here en al ons probleme, vrese ensovoorts voor Hom lê. Gebed is kragtig en die Here hoor jou gebede. Hoekom is dit belangrik om te bid? Een van die redes is om die Here Jesus te leer ken. Filippense 3:10 – sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word. Tweedens kan ons deur gebed, die perfekte wil van God vir ons lewens ontdek. Romeine 12:2 – En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. ‘n Derde rede is om vrug te dra vir die Here. Johannes 15:5 – Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. ‘n Vierde rede is om Christus se voetstappe te volg deurmiddel van gebed. Markus 1:35 – En vroeg in die more, nog… Lees verder“‘n Christelike Lewenswyse: Gebed (deel 1)”
Die Here se Wil het geskied: Donald Trump wen die Amerikaanse Verkiesing
Die oggend van die 14de Junie 2016 het die Here vir my gesê: “Die muur (Mexico muur) sal gebou word. Donald Trump gaan strukture, en ander goed wat Amerika al die jare gevange gehou het af breek.” “Baie goed gaan in Amerika verander, maar dit is ten goede. Dit gaan beter gaan met die mense in Amerika. Goed gaan weer opgehou word en vooruitgang gaan geskied. Herlewing sal uitbreek in Amerika.” Die Here se Wil het geskied, en mag die Here in Donald Trump se hart werk om hom meer te verander. Sodat hy, Donald Trump ‘n dienaar van Christus kan wees. Die Here seën julle
OPENBARING OOR DIE AMERIKAANSE VERKIESING EN DONALD TRUMP
Verlede jaar het ek die Amerikaanse verkiesing begin volg. Nooit voorheen het ek dit gevolg nie, maar dit was asof die Heilige Gees my gelei het om dit te volg. In die begin was daar baie kandidate aan beide kante, maar veral baie kandidate aan die Republikeinse kant. In die aand van die 16de Desember 2015, voordat ek aan die slaap raak. Vra ek die Here die volgende: Wat gaan aan met die Amerikaanse verkiesing en wie gaan teen mekaar staan in die einde? Toe sien ek ‘n gesig van ‘n man met ligte hare en wat ouer is. Toe word die gesig duideliker en ek kon sien dit is Donald Trump. In die middel van die nag van die 27 Mei 2016 , vra ek die Here iets oor Donald Trump. Toe antwoord die Here: “My Old Best friend.” In die oggend van 14 Junie 2016 toe ek besig was om die huis uit te vee, sê die Here vir my: “Donald is besig om strukture en ander goed wat Amerika gevange gehou het al die jare af te breek. Net soos Jeremia goed afgebreek het. Baie goed gaan verander en dit gaan beter gaan vir die mense in… Lees verder“OPENBARING OOR DIE AMERIKAANSE VERKIESING EN DONALD TRUMP”
In die Lig – Openbaring van die Here
My boek “In die Lig – Openbaringe van die Here” kan julle by die volgende skakel bestel: http://indielig.co.za/boek/ By hierdie prys is alles ingesluit, asook afleweringskoste in Gauteng vir R147.24. Aflewering in Suid-Afrika, buite Gauteng, gaan ‘n addisionele bedrag van ongeveer R40 beloop.
