Psalms 19:15 – Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o Here, my rots en my verlosser! Here, as daar goed is wat verander moet word in my lewe. Verander dit asseblief sodat ek ‘n ware, rein en onbevlekte werktuig kan wees. Dat U my kan gebruik om U Koninkryk hier op aarde te vestig. Amen
Psalm 91 – Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind
Gister, Vandag en Môre…
Ek sit in my studeerkamer en ek kyk direk op die Gister, Vandag en Môre Struik (Yesterday, Today and Tomorrow Bush in Engels). Die pers en wit blommetjies word by die dag meer en die struik al hoe voller. Toe sê die Here vir my: “So is dit ook met die mens se lewe. Wanneer jy ‘n pad saam met My begin stap, groei jy in jou geloof en jou verhouding met My. Dit kan vergelyk word met die struik wat al hoe voller word met die lieflike en soet geur wat dit voortbring.” “Gister het die struik nog minder blommetjies gehad sê die Here, en net so is dit met die mens (gister het jy probleme beleef en dit is verby). Maak jou los van wat agter jou is en strek jou uit na wat voor is.” Bybelvers: Fillipense 3:13-14 ~ 13 Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. 14 Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in… Lees verder“Gister, Vandag en Môre…”
Bly steeds vol Hoop
Geskape vir U doel
Here die vallei waarin ek myself bevind, voel so donker en diep. Maar deur geloof besluit ek, om U as my Verlosser te vertrou. Bemagtig my Here, om alles te wees wat U wil hê ek moet wees. Want U het my geskape, met ‘n spesifieke doel.
