Die Vrug van die Gees

Galasiërs 5:22 – Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Vader, ek vra dat U ons vrugte sal laat dra, tot verheerliking van U Koninkryk. Ek vra dat U die Heilige Gees sal stuur, om in ons te bly en ons te lei. Sodat ons ligdraers in hierdie wêreld kan wees. En dat U ons kan uitken aan die vrugte wat ons dra, en dit U hart verwarm. Ek bid dit in Jesus Christus Naam. Amen

Droom: Bome en geboue wat brand

In die oggendure droom ek, ek is in ‘n huis of ‘n gebou. Ek het nie die plek geken nie. Dit was donker binne in die plek. Die gordyne was toegetrek. Toe die volgende oomblik hoor ek ‘n verskriklike harde geluid, dit het soos ‘n ontploffing geklink. Ek was nie bang nie, en dit het gevoel of dit my nie raak nie. Ek het die gordyn weg getrek, en toe sien ek hoe bome en geboue brand. Dit was baie erg. Die bome was baie lang dun bome en bo was dit vol takke. Die geboue was oud gewees. Dit het gelyk soos die geboue wat in Jerusalem, Israel is. Ek het gaan kyk of ek die bome kan kry wat ek gesien het. Toe het ek op die Palm boom afgekom wat in Israel groei. Dit was asof die Here my ‘n kykie gegee het, oor ‘n oorlog of ontploffing wat in die toekoms gaan begin. En dit wil amper voorkom of die ontploffing dalk versoorsaak was deur ‘n atoombom of dit kan missiele gewees het. Want die ontploffing was nie ‘n gewone ontploffing nie. Die tyd raak min en soos baie mense weet, is daar baie lande in… Lees verder“Droom: Bome en geboue wat brand”