Kolossense 3:16 – Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. Dankie Here vir nog ‘n dag. ‘n Geskenk uit die Vader se Hand. Laat ons besef hoe kosbaar elke dag is, en dat ons sal lewe om U Naam te Verheerlik. Amen
Jy is nie alleen nie
Al voel jy alleen en dat mense jou verwerp het, en jy voel jy kan nie meer aangaan nie. Weet dit dat die Here jou nooit sal verlaat nie. Jy is Sy kind en met Sy bloed is die prys reeds betaal. Hy sal jou nooit verwerp nie en sal altyd Sy verlore skaap gaan soek. Die Here sal jou krag gee om aan te gaan in hierdie lewe, saam met die Here is jy tot enige iets in staat. Hebreërs 13:5 – “Ek (God) sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Fillipense 4:13 – “Jy is tot alles in staat deur My wat jou krag gee.”
Visioen: Israel word aangeval
Toe ek klaar in die aand gebid het terwyl ek by die lessenaar gesit het, sien ek die volgende visioen. Ek het die Here gevra of Israel ‘n ander land gaan aanval of wat gaan gebeur? Ek sien hoe troepe, Israel se weermag vanaf die grens van die land met ander groepe baklei. Hulle hardloop en skiet. Dit lyk of Israel oor die grens beweeg (oor sy eie landsgrense) om te baklei. Israel se magte word dan terug gedryf en Israel word dan aangeval. Dit het gelyk of Israel ‘n land aanval, die troepe het regs beweeg. Ek het op die wêreldkaart gaan kyk en Sirië en Irak lê die naaste aan Israel. Bid asseblief vir die vrede en beskerming van Israel. Shalom
Vir God is enige iets moontlik
Lukas 18:27 – Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik. Here, party keer lyk dinge of dit nie wil uitwerk nie. Al probeer ons hoe hard, ons planne wil net nie slaag nie. Situasies lyk onmoontlik vir ons, en ons weet nie hoe om dit te hanteer en aan te pak nie. Maar Here, ons weet dat U die onmoontlike in die moontlike omskep. Want by U Here is enige iets moontlik. Amen
