U is Groot, O Here

1 Johannes 4:4 – Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, Groter is as Hy wat in die wêreld is.   Vader, dit voel vir ons asof die lewe swaar op ons druk en die eise van die lewe net te veel word.   Dit voel of ons nie asem kan haal nie. Die wêreld raak net boser en boser.   Maar U het dit klaar oorwin, en U is Groter as al die negatiewe en destruktiewe gebeure wat op die aarde plaasvind.   U is in beheer. Amen

VROUEDAG

Jy as vrou is uniek geskape. Jy is kosbaar in die Here se oë. Jy sien die hartseer en pyn van ander raak. Want die Here het ons as vrouens emosies gegee, om te reageer en uit te reik na ander wat hulp nodig het.   Vier vandag vrouedag met die wete, dat jy ‘n verskil in hierdie wêreld kan maak. Maak nie saak waar jy jouself bevind nie, en maak nie saak hoe klein verskil jy maak nie. Vir ander kan dit baie beteken.   Daarom, sit vandag ‘n glimlag op jou gesig. Bring vreuge en blydskap in ander se lewens. Laat jou sagtheid en deernis uitstraal, en gee hoop aan mense wat alleen voel. Met die liefde van Christus wat binne in jou is.

Besing die Grootheid van die Here

Ek wil sing van U Grootheid Jesus Christus, ek wil U Loof en Prys Groot en Almagtig is U Vader.   U gebruik my as nietige mens, om U werk hier op aarde uit te voer. Dankie dat U kragtig in my werk.   Al verstaan ek nie altyd wat gebeur nie. Lei U Heilige Gees my tree vir tree, om U Wil uit te voer.   Dankie vir die oorwinning wat behaal is. Dankie vir die diepe vrede wat ek nou ervaar.   Here U is my alles, ek sal aanhou om die goeie werk vir U te doen. Totdat U kom, om U kinders te kom haal.

Augustus wind

Waai Augustus wind waai, om elke hoek en draai.   Die wind bring die wolke, sodat die eerste druppels op die aarde kan neerplons. Water gaan binnekort die grond begin insypel en pragtige blomme en struike gaan voort gebring word.   Die rose gaan hulle koppe meer op lig as gewoonlik, asof hulle ‘n buiging wil maak. Om die tydperk van afwagting van die welkome water wat hulle broodnodig het te vier.   Waai Augustus wind waai. Na al die stof gaan die aarde weer skoon gewas word, met God se Heerlikheid.

Heilige Gees lei ons vandag

Heilige Gees, lei ons vandag om die regte besluite in ons lewens te maak.   Wys vir ons wat reg is en wat verkeerd is, sodat die besluite wat ons maak God kan verheerlik.   Laat ons op die regte paaie wandel, sodat ons nie struikel nie.   Maar volhard tot die einde toe, en die Here sal ons beloon vir ons toewyding en volharding.