Al voel jy alleen en dat mense jou verwerp het, en jy voel jy kan nie meer aangaan nie. Weet dit dat die Here jou nooit sal verlaat nie. Jy is Sy kind en met Sy bloed is die prys reeds betaal. Hy sal jou nooit verwerp nie en sal altyd Sy verlore skaap gaan soek. Die Here sal jou krag gee om aan te gaan in hierdie lewe, saam met die Here is jy tot enige iets in staat. Hebreërs 13:5 – “Ek (God) sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Fillipense 4:13 – “Jy is tot alles in staat deur My wat jou krag gee.”
Profesie: Herlewing in Suid-Afrika
Voordat ek aan die slaap raak sien ek die volgende visioen: Golf, op golf kom al hoe nader aan my. Dan ewe skielik oorval die water my, en daar was ook ander mense saam met my. Ek het gedink ons gaan verdrink, maar ons het nog steeds asem gehaal. Toe sê die Here: “Dit is My lewende water. Drink My Woord. Jy sal vol word daarvan.” Johannes 4:14 – maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. (1953/1933 vertaling) Toe sê die Here vir my: “Ek is nog nie klaar met Suid-Afrika nie. Die water gaan oorspoel van een provinsie na die ander. As julle dink ISIS is net in Irak en Sirië, dit is nie so nie. ISIS is hier in die vorm dat My gelowiges vermoor en aangerand word. Die water gaan die land deurspoel en herlewing gaan plaasvind, soos nog nooit gesien nie. Al is dit nou baie donker. Ek sien, Ek sien hoe word My gelowiges behandel.” “My gelowiges gaan gered word,… Lees verder“Profesie: Herlewing in Suid-Afrika”
Die storms in jou lewe
Wanneer jy deur moeilike tye in jou lewe gaan byvoorbeeld: belangrike besluite wat geneem moet word, en storms woed in jou lewe van alle kante af. Kla en kerm jy baie, omdat jy vasgevang is in hierdie moeilike omstandighede. Wanneer jy bietjie stil staan en kyk na wat aangaan, besef jy dat die Here jou dalk ‘n les wil leer te midde in die storms. Hy toets jou dalk om te kyk of jy deur al die storms, nog steeds staande sal bly in jou geloof en Hom sal bly volg maak nie saak wat dit jou gaan kos nie. Wanneer dit goed of sleg gaan, hou aan om ‘n Loflied vir die Here te sing. Die Here sal die uitkoms gee op die regte tyd.
Die Here is vir ons
Romeine 8:31 – As God vir ons is, wie kan dan teen ons wees. Somtyds voel dit vir ons of mense ons nie aanvaar nie, en ons voel verwerp. Ons voel dan alleen en dat mense nie van ons hou nie. Al probeer ons hoe hard, ons kan mense nie tevrede stel nie. Die Here sal ons nooit verlaat nie. Hy is altyd met ons. Al verlaat mense ons lewens. Die Here sal ons nooit verlaat nie.Hy is altyd met ons. Ons is Sy kinders en Hy is baie lief vir ons.
Die Here se koms is naby
Mense dit is tyd om ernstig te raak. Die tyd om speletjies te speel is verby. Jy gaan jouself moet begin afvra: Waar staan ek met die Here? Tyd is besig om uit te hardloop en die Here se koms is nie ver nie. Mense word wakker!!! Orals is die tekens om julle. Kyk om julle rond en julle sal sien wat gebeur. Die tyd kom nader wanneer die Here sy ware kinders gaan kom verlos. Gaan jy een van hulle wees?? Dink hieroor na want jy moet ‘n keuse begin maak. Dit is nie meer lank nie. Die Here se koms is spoedig!!!
