Al het ek self nog nooit sneeu gesien nie, laat dit my dink aan ‘n donskombers wat die berge bedek. ‘n Spierwit prentjie speel homself af op die berge en dale. Wit beteken vir my skoonheid en reinheid. Asof die Here Sy Hand wyd oop maak en die sneeu laat val het. Om die vrede wat alle verstand te bowe gaan, lewend vir ons te maak. Sodat ons kan besef dat gister was die veld droog, vandag is dit bedek met ‘n wonderwerk uit God se Hand. Laat ons daarom besef dat die Here is Almagtig en Groot , en ons is nietig en klein voor Sy aangesig. Daarom loof Hom, vir die natuur se wonderwerk van sneeu. Wat plesier en dankbaarheid in elkeen se hart ‘n spesiale plekkie vind. © Anet Basson
Die Here regeer
Beproewinge hou jou sterk. Mislukkings hou jou nederig. Mag God se genade sag oor jou reën. God se liefde jou omvou. Sy vreugde jou laat jubel. Sy vrede jou laat ontspan. Sodat elke aanslag van die lewe jou sal laat glimlag, met die wete Die Here is in Beheer! © Anet Basson
Lei ons op die regte pad Here
Psalms 139:24-25 – 24 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; 25 en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! Mattheus 7:13-14 – 13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. Gebed: Here, laat U Gees ons vandag lei om die regte pad te stap wat U wil hê ons moet stap. Laat U Wil in ons lewens geskied O God. Tot verheerliking van U Naam. God Almagtig, ons Prys en Loof U met alles wat in ons is. Ons wil U Loof en Prys tot die uithoeke van die aarde. Amen © Anet Basson
God die Skepper
Vandag word Aarde Dag gevier. Dadelik het dit by my opgekom, dat ons vandag die Here ons God moet Dank vir die aarde wat hy geskep het. God die Skepper: U is die Groot Skepper van die Heelal. Hoe wonderbaarlik is U skepping. Dag en Nag het U geskep, Son, Maan, Sterre. Die see, berge, diere op die see en land. Alles uit U Vaderhand. Tot die kleinste miertjie is uniek en spesiaal geskape. U het die mens geskape na U Beeld. U het U tyd geneem om die mens te skape, om te Heers oor die Aarde en U Skepping. Laat ons aanhou om U Skepping te bewaar, en U te beleef in die natuur wat U geskep het. Vir ons om dit te geniet en te bewonder. U het alles met Sorg en Liefde gemaak, laat ons daarom ook dat ons lewe getuig. Dat ons U kinders is en ons lig helder sal skyn, in hierdie donker wêreld. Genesis 1:31 ~ Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag. © Anet Basson
‘n Droom oor ‘n bak vol bessies
Ek het gedroom dat iemand vir my ‘n bak vol bessies gee. Die bessies was skoon, sonder merke en baie rooi gewees. Dit het gelyk of dit onlangs gepluk is omdat dit ryp was. Die bak was heeltemal vol en dit het baie mooi gelyk. Ek het die betekenis gaan opsoek oor bessies. Dit simboliseer die soetheid van karakter van goeie werke. Die Heilige Gees het my ook gelei, dat die bessies ook na “harvest” of oestyd verwys. Dit wat jy gesaai het, sal jy nou die vrugte daarvan pluk. Die saad wat gesaai is, is nou geoes (daarom is die bessies nou in die bak). Mooi dinge lê vir jou voor en dat jy met die soet geure van die bessies en jou optrede mense se lewens sal aanraak. Die bessies word gepluk wanneer dit ryp is (net so is die mens wat se lewe reg is met die Here). Wanneer jy as ‘n bessie gepluk word gaan jy deur ‘n suiwerings proses waar jy gestroop word van ou mentaliteite, sekere dinge in jou lewe word vernietig wat nie meer in jou lewe pas nie. Jou karakter word verander om meer soos die Here te wees. Dinge wat weg… Lees verder“‘n Droom oor ‘n bak vol bessies”
