2 Tessalonisenese 3:5 ~ Mag die Here julle gedagtes aanraak sodat julle heeltyd sal fokus op God se groot liefde. En mag julle ook verstaan wat Christus alles vir ons opgeoffer het sodat julle ook enduit agter Hom sal aanstap. (Die Boodskap) Profetiese Boodskap: My kind moet nie jou gedagtes vol maak met die wêreld se dinge nie. Dit sal jou nooit al die vreugde, vrede en geluk gee wat Ek vir jou kan gee nie. Ek sal jou gedagtes aanraak My kind, sodat jou fokus op My sal bly. Deurdat Ek My lewe vir jou afgelê het My kind, het ek ‘n deur oop gemaak vir ‘n ontmoeting met jou My kind. Klop en Ek sal vir jou oop maak My kind. Hou aan om My te volg My kind, al raak die pad hoe steiler en moeiliker. Aan die einde sal jy saam met My wees My kind. En omdat jy volhard het, sal jy die Hemelse Prys behaal. Om vir ewig in My Heilige Woning saam met My te woon. © Anet Basson
Ek verbly my in die Here
Psalm 63:4-9 ~ 4 U troue liefde is meer werd as die lewe; 5 Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om U Naam te prys. 6 Soos elke keer wanneer ek U goeie gawes geniet, sal ek U altyd roem met jubelende mond. 7 As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek: 8 U is vir my ‘n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder U vleuels. 9 Ek bly altyd naby U, u Hand ondersteun my. Die Here is goed vir ons, Hy sorg vir ons. Ek wil U Loof en Prys Here, U liefde omvou my van alle kante af. Ek wil U Lof besing, hande omhoog wil ek U Loof. Ek wil aanhou praat van U goedheid, wat U oor en oor aan my toevertrou. U is my beskerming en toevlug, wanneer ek om hulp roep. Is U altyd daar, gereed om my veilig te hou en my emosies te bedaar.
Ons dien ‘n Groot, Almagtige God
Matteus 19:26 ~ Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.” As jy jouself heeltemal oorgee aan die Here en Hy jou pad bepaal, is enige iets moontlik. Plaas jou vertroue in die Here. Hy sal jou nooit teleurstel nie. Wonderwerke gebeur nog vandag, en dit geskied alles uit die Vader se Hand.
Onverganklik is die liefde van die Here
Psalm 103: 1-5 ~ 1 Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek Sy heilige Naam loof. 2 Ek wil die Here loof en nie een van Sy weldade vergeet nie. 3 Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, 4 wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon, 5 wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeudige krag van die arend skenk.
Die maand Maart
MAART M: MOOI A: ASEMROWEND A: ASEM R: RUSTIG T: TEVREDE Jy lyk mooi vandag! Gewoonlik antwoord ons met baie dankie vir die kompliment ensovoorts. Maar wat beteken mooi eintlik?Mooi beskryf iets wat die oog vang byvoorbeeld soos ‘n pragtige roos boompie wat sterk staan teen alle elemente van die lewe en nog steeds blom waar dit geplant is met kleur en geur. Elke blaartjie op sy plek en word die tafel gedek met rose in ‘n vaas. Daar is nie woorde om ‘n asemrowende sonsondergang te beskryf nie. Jou oë bekyk die wonder van die natuurskoon met al sy prag. Die einde van ‘n dag het aangebreek en word afgesluit. Hoe wonderlik is dit om te kan asemhaal. Lewe is in ons geblaas by geboorte en ons besef nie altyd hoe wonderlik dit is dat die Here ons geskape het om hier op aarde sy verteenwoordiger te wees nie. Haal diep asem en vul jou longe met suurstof. Ervaar elke asem teug as ‘n geskenk van lewe! Wees rustig in jou gemoed al woed die lewe daar buite. Die Here weet wat ons nodig het. Bekommernisse binne in ons maak ons verward en deurmekaar, maar wanneer ons dit in die Here se hande plaas ervaar ons rustigheid. Wanneer jy alles probeer het en dinge… Lees verder“Die maand Maart”
