Profetiese woord vir Junie 2016

Die gety gaan draai en ‘n golf van heerlikheid gaan jou oorstroom. Definisie van ‘n gety: Getye is die opkoms en val van seevlakke wat veroorsaak word, deur die gekombineerde effek van die gravitasiekragte wat uitgeoefen word deur die maan en die son en die rotasie van die Aarde. – Wikipedia, the free encyclopedia Luister My kind, hierdie maand van Junie gaan daar baie veranderinge plaasvind. Jy moet fyn luister vir My stem en jou fokus hou op My. Ek sal jou laat uitstyg en oprig. Jou opkoms sal My Naam verheerlik oral waar jy gaan. Die krag, moed en uithouvermoë kom van My, My kind. Jy het dit nodig terwyl jy opstyg bo die normale wêreldse lewe. Wanneer jy gaan val My kind, sal Ek daar wees vir jou. Maar dit gaan anders wees as vroeër. Jy gaan ‘n innerlike vrede ervaar en net so vinnig soos jy val, sal jy net so vinnig weer opstaan. Daar is twee magte My kind: Die lig en die duisternis. Die twee magte baklei vir jou aandag My kind. Die stryd gaan feller word, maar jy gaan oorwin. Satan en sy trawante sal die hase pad vat. Want satan sal weet jy… Lees verder“Profetiese woord vir Junie 2016”

Ligdraers vir die Here

Elke dag word ons gebombardeer met die eise en probleme van die wêreld, en dit kan ons heeltemal teneergedruk en moedeloos laat voel. Maar elke nuwe dag, is ‘n nuwe begin. ‘n Geskenk uit die Vader se Hand. ‘n Nuwe dag om te besluit om anders op te tree, meer positief te wees. Maak nie saak wat die lewe na ons kant toe gooi nie. Probleme sal altyd opduik. Maar dit is hoe ons die probleme hanteer, wat sal bepaal hoe ons met nuwe hoop en met nuwe moed elke dag sal aangryp. Met God die Vader wat ons die krag gee, om elke dag een voet voor die ander te sit. Hoe ons optree voor ander mense wanneer probleme opduik, sal ook aandui hoe sterk ons in ons geloof staan. Gaan ons maklik die handdoek ingooi? Of gaan ons aanhou sterk staan, maak nie saak hoe erg die storms rondom ons woed nie. Die Here het ons gemaak as Sy ligdraers. Ons kan ons geloof voluit lewe, sodat die donker in hierdie wêreld verdryf kan word. Deurdat ons nie ons gawes en talente wat die Here vir ons gegee het, moet wegbêre nie. Ons moet uiting gee aan dit… Lees verder“Ligdraers vir die Here”

Die roeping van die profeet

‘n Profeet word geroep/uitverkies deur die Here. Die inisiatief lê altyd by die Here om ‘n profeet te maak. Nie enige iemand kan hom/haar self ‘n profeet maak nie. Die ware profetiese bediening begin altyd met ‘n roeping van die Here. Jesaja het ‘n dramatiese roeping gehad, soos gesien in die volgende Bybelse skrifgedeelte: Jesaja word geroep om profeet te wees: Jesaja 6:1-8 ~ 1 In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ‘n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. 2 By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy gevlieg. 3 Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.” 4 Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het. 5 Toe het ek uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder ‘n volk van… Lees verder“Die roeping van die profeet”

Hemelvaartsdag

Waarlik God se plan is volbring. Jesus glimlag verlig. Met ‘n sonkring skynend op Sy gelaat gooi Hy Sy arms in die lug. Staande om Sy Vader te vereer. Net maar ‘n oomblik tot hul weer ontmoet. Meer kan ‘n kind nie begeer. Met ‘n sagte blik op Sy gelaat, aanskou God se seun Sy vreugde. ‘n Pyn skiet deur God se hart, wetend dat Jesus oneindig pyn moes verduur. Maar wetend dat Hy nou aan die regterhand van Hom gaan sit. Dit is volbring. Handelinge 1:9-11 ~ 9 Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ‘n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. 10 Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. 11 Die sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.” Lukas 24:50:51 ~ 50 Daarna het Hy hulle uit die stad uitgelei tot by Betanië. Daar het Hy Sy hande opgelê… Lees verder“Hemelvaartsdag”