ENGELE OP HULLE PLEK VIR DIE WEGRAPING

Die oggend van 29 Maart 2019 het ek in ‘n visioen die volgende gesien. Daar was ‘n sirkel wat roteer het om sy eie as en daar was ‘n baie helder lig wat geskyn het. Ewe skielik toe stop die beweging. Toe sien ek dat dit engele is. Die engele het in ‘n sirkel stil gaan staan en hulle het trompette langs hulle sye gehad. Toe kyk hulle af en kyk na die aarde. Die aarde was vol donker kolle en rook, dit was nie mooi nie. Ek kon God se hartseer voel oor wat alles op die aarde gebeur. Die trane het oor my wange geloop. Die engele het hulle trompette opgetel en dit nader na hulle monde gebring om dit te blaas. Ek het ‘n groot helder lig aan die eenkant gesien, en het dadelik geweet dit is God. Dit was of  God ‘n aankondiging wou maak. Jesus het langs God verby geloop en ook af gekyk na die aarde. Weereens kon ek die hartseer voel en het gehuil. Ewe skielik was dit of ‘n hand of arm van God, Jesus keer. Dat die tyd nog nie reg was nie. Al wat ek kan sê, is dat die… Lees verder“ENGELE OP HULLE PLEK VIR DIE WEGRAPING”

Vuur van Herlewing

In die nag van 19 Januarie 2019 droom ek die volgende: Daar is ‘n baie groot brand wat woed, in ‘n stad of stede van Suid-Afrika. Ek kon sien dat dit in die stad is, want die geboue was te op mekaar gebou gewees. Die vlamme se kleur wissel tussen baie helder rooi en oranje. Dit was ‘n baie groot vuur. Dit word op die TV nuus uitgesaai. Dan verskyn Mmusi Maimane van die DA party op die nuus. Hy hou ‘n boek in sy linkerhand. Toe ek mooi kyk, sien ek hy hou die Bybel in sy hand. Hy noem dat daar nog baie mense benodig word om te kom help. Hy was baie haastig om te gaan. Dit het nie gelyk na ‘n lewe of dood situasie nie. Ek het besef dat dit ‘n geestelike gebeurtenis is. ‘n “Fire of God” belewenis. Ek het die Here gevra wat die droom beteken en Hy het die volgende vir my gesê: “ Die brand wat woed Is My Heilige Gees wat herlewing bring onder die mense van Suid-Afrika. Die vlamme wat so brand is My Gees wat ek versprei onder die mense. Mmusi Maimane is ‘n pastoor, maar ook ‘n… Lees verder“Vuur van Herlewing”

Skoongewas vir die Nuwe Jaar

Die Ou Jaar is amper verby, ons staan op die drumpel van die Nuwe Jaar. Reën val op die aarde neer, dit is die Here se seën wat Hy so mildelik voorsien. Alles word skoongewas met die lieflike reën,was ook ons skoon O Heer. Dat ons U skoongewaste bruid kan wees,en ons U Almag en Grootheid eer. Ons Dank en Loof u Heer, dat U voorsien op U tyd. Mag ons met ‘n dankbare hart, die Nuwe Jaar aanpak. Met die wete, U is in beheer en U regeer tot in Ewigheid. Amen