Gedig: Hoop

Die lewe loop donker draaie, wat ons nie kan verstaan. Teneurgedruk kyk jy na die dag van môre, maar hoop neem weg die sorge.   Opgewonde oor jou nuwe loopbaan, die toekoms wink en is wawyd oop. Ewige trou wat ‘n paartjie beloof, ‘n reis wat op en af gaan loop.   Maar hoop beskaam nie. Al verskil ons almal se verhaal, hoop skyn deur. Hoop is die somtotaal.

Die Vrug van die Gees: Deel 4

Galasiërs 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Getrouheid: Wat beteken getrouheid? Om toegewyd te wees, om vir iets te staan. Dit kan selfs gaan oor jou norme en waarde stelsel. Om jou waardes en normes getroud te volg en op te staan vir dit waarin jy glo. Dit kan sover gaan as om op te staan vir jou Christenskap. Wanneer mense God se woord ydelik gebruik deur dit te gebruik as hulle vloek. Sal jy opstaan en sê jammer, maar dit wat jy nou net gesê het is nie reg nie, en ek wil my nie meer ophou met ’n persoon wat die Here se Naam so ydelik misbruik nie? Ja, die persoon gaan kwaad wees en jy gaan dalk ’n vriend of vriendin verloor. Dit wys dat jy waarlik ‘n kind van God is en sal opstaan en toegewyd jou Christenskap sal uitleef. Jy sal optree teen dit wat verkeerd is. Die waarheid maak jou vry en deur jou Christenskap uit te leef en toegewyd jou Bybel te lees en ’n naby verhouding met die Here te hê, sal jou wêreld vir altyd verander. Die heerlikheid van God… Lees verder“Die Vrug van die Gees: Deel 4”

Die Vrug van die Gees: Deel 3

Galasiërs 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Vriendelikheid: Deur vriendelikheid uit te leef in jou daaglikse bestaan is om vriendelik met almal te wees, maak nie saak wie jy in aanraking kom gedurende jou dag nie. Vriendelikheid kos niks, dit is gratis en ’n geskenk om aan ander te gee. Jy gaan niks in die proses verloor nie maar jy kan soveel meer ontvang, deur vir ander mense ’n voorbeeld te wees. Om vir ander mense te glimlag en hulle vriendelik te groet, kan jy daardie persoon se dag maak en hom of haar beter laat voel. Jy dink dalk dit beteken nie veel om vriendelik te wees nie, maar vir ’n ander persoon kan ’n glimlag of ’n hartelike groet baie meer beteken as wat jy ooit kan besef. Die persoon gaan dalk deur ’n moeilike tyd en is depressief. Deurdat jy spontaan glimlag en hartlik groet helder jy daardie persoon se dag op en dit is aansteeklik deurdat die persoon weer vir iemand anders glimlag. So kan ’n proses aangesit word deurdat een persoon ’n glimlag of vriendelik groet aangee. Dit maak die lewe ligter en verskaf… Lees verder“Die Vrug van die Gees: Deel 3”

Die Vrug van die Gees Deel 2

Galasiërs 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Vrede: Vrede kom nie maklik nie. Ons almal wens ons kan in vrede met mekaar leef en oor die weg kom, maar dit is nie altyd moontlik nie. Enige iets is moontlik wanneer jy die Here se pad stap. Vertrou die Here om jou te help deur die Heilige Gees toe te laat om vrede in jou binneste te laat bewerkstellig en glo my, jy sal vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan. Om in vrede te lewe is hemel op aarde, jou gemoed sal rustig wees. Die Here wil die beste vir ons hê in die lewe en om in vrede te lewe is een van die vrugte wat Hy vir ons gee. Dit is jou keuse. Vra die Here vir vrede in jou gemoed en alles sal beter lyk. Jou probleme lyk dalk nou groot maar as jy begin vrede maak met wat jy het, sien jy kans vir soveel meer wat vorentoe op jou pad kan kom. Vrede bring jou emosies onder bedwang en laat jou die goedheid van die lewe ervaar soos nog nooit voorheen nie. Lankmoedigheid:… Lees verder“Die Vrug van die Gees Deel 2”

Die Vrug Van Die Gees Deel 1

Galasiërs 5:22  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.   Wat beteken dit om in die vrug van die Gees te lewe? Die lys met al die positiewe eienskappe klink aanloklik, maar dieselfde tyd is dit ook ’n tawwe tameletjie met tye. Wat word bedoel met liefde as die vrug van die Gees? Dadelik dink jy daaraan dat jy jou naaste moet liefhê soos jouself. Dit is dikwels baie moeilik, veral as die persoon wie jy regtig voor moet lief wees jou nie aanvaar wie jy is nie en ook baie selfsugtig optree. Hoe kan jy so ’n persoon liefhê? Soos jou verhouding met die Here verdiep, begin jy besef dat jy die persoon kan liefhê met al sy of haar foute. Liefde maak jou vry en dit bring jou nader aan die voete van die Here. Deur liefde aan die persoon te toon kan jy deur jou optrede wys hoe Jesus enige persoon lief gehad het, maak nie saak wie die persoon was nie. Liefde kan selfs ’n koue hart verwarm. Om met blydskap te lewe beteken dat jy vreugde vind in die lewe – of dit moeilike of maklike… Lees verder“Die Vrug Van Die Gees Deel 1”