Jesaja 64:8 U is ons Vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van U hande. Ons is klei soos genoem in bogenoemde skrifgedeelte. Wat is klei? Klei is sag en dit kan in verskillende vorms gedruk word, verskillende goedere kan daarmee gemaak word. Klein kindertjies hou daarvan om ure met klei te speel en diertjies te maak ensovoorts. Klei is maklik om te gebruik vir ’n kind. Partykeer kan klei hard word en dan is dit moeilik om dit weer sag te kry. So is dit ook met die mens. Die mens kan in die begin sag en bereidwillig wees en soos die tyd vorder raak die mens al hoe verder weg van dit wat regtig saak maak. Die klei raak dan verhard. Jesus is die Pottebakker en ons as die klei is in goeie hande. Die dag toe Jesus ons gevorm het nog in die moederskoot, het Hy alreeds geweet wat Hy beplan met ons lewens. Hy het elkeen uniek gevorm met ’n spesifieke doel wat jy hier op aarde moet uitleef, om Hom te verheerlik. Die Here het Sy tyd gevat om elkeen individueel te vorm na Sy wil en… Lees verder“Klei In U Hande”
Christelike Lewenswyse
Romeine 12:12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Hoop spel positiwiteit uit. Dit is om in blydskap en opgewondenheid steeds op die Here te vertrou maak nie saak wat in jou lewe gebeur nie. Hoop laat jou uitsien na die dag van môre, hoop skep verwagting dat goed in jou lewe sal gebeur tot voordeel van die Here en nie vir jouself nie. Om met vaste vertroue te weet en te besef dat ons eendagasaam met Jesus in die Hemel sal wees. Om onwrikbaar steeds te glo en bly te wees in die hoop wat daar in Christus is. Dat Jesus gesterf het vir ons sondes, sodat ons eendag die ewige lewe kan beërwe. Watter groter daad van liefde het Jesus nie aan die mensdom bewys nie. Wanneer verdrukking op jou pad kom, kan jy maklik struikel en val. Wanneer mense jou sleg behandel en jy weet nie meer hoe om aan te gaan nie. Staan vas teen die aanslae van die lewe. Dit is nie maklik nie, maar jy kan dit doen. Mense sal wil jou stilmaak vir die goeie nuus van die Here wat jy wil versprei, sodat mense sal besef waaroor… Lees verder“Christelike Lewenswyse”
‘n Tweede kans vir Cyril Ramaphosa
“Ek gee jou ‘n tweede kans Cyril sê Ek die Here. Ek het jou aangestel oor hierdie land. Jy was oop om na My te luister. Maar jy het na ander mense geluister.” “Jy was onder druk en jy het geknak. Jy het nie My aangesig gesoek nie. Ek is kwaad en hartseer, omdat jy teen My gegaan het. Maar Ek sal jou nog ‘n kans gee. Keer terug na My. Plaas jou volle vertroue in My.” “Laat Ek jou lei om besluite te maak. Moenie na die verkeerde mense luister nie. Hulle ken net die pad na die verderf.” “As jy nie na My wil luister nie, gaan Ek jou moet straf. Hier was so baie geleenthede om die land positief te verander. Maar jy het nou dit oor gegee aan die duisternis.” “Daarom sê Ek vir jou Cyril, draai terug na My toe. Anders gaan Ek jou straf en jou uit jou posisie haal. Suid-Afrika behoort aan almal en hierdie is ‘n Christen land.” “In hierdie land gaan groot dinge gebeur en die hele wêreld sal My krag aanskou. Maar Ek soek iemand wat Ek kan vertrou en wat My volg. Daarom sal Ek die regte persoon stuur,… Lees verder“‘n Tweede kans vir Cyril Ramaphosa”
Ons staan op die punt van verandering
Vanoggend het ek opgestaan met ‘n opgewondenheid hier binne in my. Ek het met die Here gepraat en vir die Here gesê, ek kan voel hier binne in my dat verandering gaan plaasvind en dat dit nie meer lank is nie. Dat ons op die punt staan, vir ‘n nuwe begin vir hierdie land en ook dat verandering individueel gaan begin plaasvind. Toe sê die Here vir my: “Die tyd het gekom, dat wat was weer sal wees. Daar sal verandering wees en dit sal ten goede wees.” Prediker 1:9 ~ Wat was, sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie. ‘n Geseënde dag vir julle
Profesie ontvang van die Here oor die droogte in Suid-Afrika
“Daar sal nie ‘n dag “zero” wees nie, sê Ek die Here. Is Ek nie die Here van oorvloed nie?” “Waarom sal Ek niks gee nie, maar riviere en damme sal vol loop.” “Nul sal nie nul bly nie, dit sal vermeerder. Vir My is enige iets moontlik. Ek het die visse vermeerder en almal kon eet.” “Waarom sou Ek nie die reën stuur en oorvloed bring nie?” “Moenie so kleingelowig wees nie, Ek sal voorsien. Skure sal vol wees, damme sal oorloop sê Ek die Here. Reën gaan Ek stuur na die droogte geteisterde plekke van die land.” “Ek hoor julle gebede en Ek sal antwoord.” Spreuke 3:9-10 ~ 9 Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, 10 dan sal jou skure oorvol wees en jou parskupe oorloop van die wyn. (1983 vertaling) Spreuke 8:21 ~ Ek maak die wat my liefhet, ryk, ek maak hulle skure vol. (1983 vertaling) Jesaja: 41:17-20 ~ 17 Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is nie; hulle versmag van dors. Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor, Ek die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. 18… Lees verder“Profesie ontvang van die Here oor die droogte in Suid-Afrika”
