Filippense 4:6-7 6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. 7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. As jy saam met die Here wandel moet jy oor niks besorg wees nie. Ja, dit klink dalk maklik maar dit is moeilik met tye. ’n Mens bly maar ’n mens en partykeer is ons te veel besorgd en bekommerd met die dinge in die lewe. Soos byvoorbeeld wat om te eet, is ons geliefdes veilig, geldelike probleme ensovoorts. Ons moet begin om nie meer so besorg te wees oor die dinge nie en dit oor te gee aan die Here. Die Here sal vir ons sorg, as ons maar net wil oorgee en die Here toelaat in ons lewens. Om ons te verander vanaf bekommerde mense na mense wat ten volle op die Here te vertrou. En weet dat die Here altyd daar sal wees en nooit ons sal verlaat nie. Deurdat jy begin om in gebed jou begeertes bekend te maak aan die Here. Gee jy die Here ’n oop… Lees verder“Vryheid en Vrede”
Joernaal: 7 Februarie 2015
Ek sien die volgende visioen: Ek en die Here stap, dan gaan sit ons in die veld. Oral is lang gras. Dan begin Jesus met my te praat: “My geliefde kind, ek het oor en oor myself aan jou bewys Ek is met jou. Aanslae gaan kom, mense gaan jou verwerp, want jou doel is groot en anders. Glimlag, My kind. Jy is My kind. Niks sal dit ooit verander nie. Rus nou in die wete jy is My werktuig en Ek sal jou stuur soos Ek wil. Jy is gehoorsaam aan My Woord. My liefde sal jou omvou. Maar nou, My kind, rus in My Arms wat jou omvou.” ‘n Geseende Donderdag vir julle
Joernaal: 4 Februarie 2015
01:50 in die oggend word ek wakker en hoor iemand loop met tekkies op die teëls. Ek sit toe my lampie aan en luister en dit klink toe of iemand in die huis is. Ek maak toe my man Johan wakker en sê vir hom ek dink hier is iemand in die huis. Ek het dit baie helder gehoor die geloop en die geluid van tekkies. Toe vra ek die Here om ons te beskerm en ons gaan toe van kamer tot kamer, maar ons kry niks nie. Later die middag gaan bid ek en die Here sê vir my: “Moet vir geen oomblik dink jy is mal nie, My kind. Ek is net besig om jou aan goed te openbaar wat jy gaan gebruik om goed te onderskei, soos geeste en demone. Dit gaan ook deel wees van jou werk. Ek weet jy het groot geskrik, My kind, maar Ek is met jou. Ek sal jou bewaar en ek gaan My engele rondom jou plaas. Niks sal aan jou raak nie en niks sal jou seermaak nie.” “Ek begin om jou gereed te maak sodat jy My werk kan doen en uitvoering kan gee aan My Wil hier op aarde. Jou… Lees verder“Joernaal: 4 Februarie 2015”
Profetiese Woord van die Here: Sondag 3 Desember 2017 ~ Suid – Afrika en Cyril Ramaphosa
“Suid-Afrika, ‘n nuwe tyd het aangebreek. Ek gaan ‘n ander persoon in bevel van die land stel. Hy sal ‘n man wees wat wil luister, oop wees om na My te luister.” “Hy gaan baie teenkanting kry, maar hy gaan deur dit alles kom en sterk staan. Ek gaan hom ‘n vaste fondament laat lê, waarop My kerk in hierdie land geplant sal word.” “Die vyand gaan oorwin word en ‘n nuwe dag gaan aanbreek vir hierdie land Suid-Afrika.” “Cyril: “Ek het jou geroep en jy het geluister. Jy is My dienaar, daar lê baie werk voor. Maar Ek gaan vooruit, om die pad vir jou gelyk te maak.” Matteus 16:18-19 ~ 18 En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. 19 Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly. (1983 vertaling) Mattheus 16:18-19 ~ 18 En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots… Lees verder“Profetiese Woord van die Here: Sondag 3 Desember 2017 ~ Suid – Afrika en Cyril Ramaphosa”
Joernaal: 3 Februarie 2015
“Dit wat nou in jou lewe plaasvind, My kind, moet gebeur. Dit is die laaste skaaf en vorming wat moet plaasvind. Ek weet dit is nie lekker nie, maar hierdie is die laaste toetsing om te sien of jy nog gehoorsaam is. En, ja, My kind, jy slaag die toets. Jy word moedeloos en gefrustreerd. Maar steeds vertrou en fokus jy jou aandag op My.” “Jou deurbraak kom binnekort. Dinge gaan heeltemal verander. Verandering is om die draai. Hou moed, hou moed, My kind. Dit gaan ’n blye en ongelooflike dag wees wanneer jy weet wat jy moet doen vir My. Dit gaan die wag die moeite werd maak. Jy sal sien, My kind.” Mattheus 25:23 …sy eienaar sê toe vir hom: ‘Mooi so! Jy is ’n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’ Lukas 16:10 Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar. ‘n Geseende Saterdag vir julle
