Joernaal: 2 Februarie 2015

Ek sien ’n visioen hoe ek en Jesus weer saam loop. Toe kom ons by ’n hout deur. Die deur gaan oop en ons loop in die gang af. Dit wil voorkom of dit dieselfde kerkie is wat al vroeër vir my geopenbaar is. Toe sien ek weer hoe ek praat, maar ek is nie agter die preekstoel nie. Dan sê ek iets oor die Heilige Gees en dat die mense hulle moet bekeer. Die Here sê toe vir my: “Ek gaan jou kragtig gebruik, My kind. Die tyd is naby dat jy My werk gaan doen. Jy moet opgewonde raak, My kind. Ek is bly, My kind.” ‘n Geseende dag vir julle  

Volkome vertroue in die Here

Spreuke 3:5-6 5 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. 6 Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. As jy volkome op die Here vertrou gaan daar so baie deure vir jou oop. Voorheen het jy dalk ervaar dat die deure toe geslaan word voor jou. Ons wil so graag self besluit oor wat vir ons reg en verkeerd is in die lewe. En ja dit is in ’n mate elke persoon se keuse om te kies tussen wat reg en verkeerd is. Waar die verskil inkom, is wanneer jy die Here volkome vertrou, sal Hy dat die Heilige Gees jou lei en jou wys wat jy moet doen. Die antwoord gaan dalk nie dadelik kom nie, maar hou moed en hou aan glo. Die Here antwoord op die regte tyd. Ons wil so graag hê dinge moet nou gebeur of wanneer ons wil hê dit moet gebeur. Ons maak op ons eie insigte staat wat die beste vir ons gaan wees. Maar die Here het ’n groter plan met elkeen van ons. Sy paaie vir ons is onbekend totdat jy die weg begin… Lees verder“Volkome vertroue in die Here”

Joernaal: 31 Januarie 2015

“Ek hoor hulpkrete, My kind. Mense roep om hulp. Die wêreld is deurmekaar. Mense voel alleen, verstote. Mense het van My vergeet.” “Ek gee Lewe, Ek gee Lig. By My sal hulle vrede vind. Die tyd is naby, My kind. Jy gaan begin om My werk te doen. Wees geduldig. Maar vir nou. Rus eers in My Vrede.” Ek hoor hulp krete, My kind. Mense roep om hulp: Jesaja 58:9 Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord. Jeremia 8:19 Daar is die hulpgeroep van die dogter van my volk uit ’n baie ver land: Is die Here nie in Sion nie? Of is sy Koning nie daarin nie? Waarom het hulle My geterg met hulle gesnede beelde, met vreemde, nietige afgode? Habakkuk 1:2 Hoe lank, o Here, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! — maar U help nie? Ek gee lewe Ek gee lig. By My sal hulle vrede vind: Ek gee lewe: Jesaja 57:15 Want so sê die Hoë en Verhewene wat in… Lees verder“Joernaal: 31 Januarie 2015”

Joernaal: 30 Januarie 2015

Die Here sê vir my: “Jou tyd is amper hier. Die gewag is amper verby. Ek juig, My kind. Jy het baie ver gekom. Dit was nie maklik nie, maar die einde is in sig. Ek gaan jou meer visioene wys. Droom sal jy weer droom.” “Ek gaan My Wil aan jou bekend maak. Die Woord moet uit, My kind. Ek sal jou lei en sê hoe jy dit moet doen. Alles sal in plek val binnekort. Jy is rustiger vandag en helderder. Jy is ’n bruikbare werktuig vir My. Die tyd raak min, die tyd raak min.” “Nog ’n bietjie slaap nog ’n bietjie sluimer. Wees wakker, My kind. Die tyd is op ons. Die oordeel kom binnekort. Jy gaan opstaan, My kind en My werk doen. Sela. Dit is volbring. Maar weet, My kind Ek het jou lief en Ek is saam met jou. Rus nou ’n bietjie.” Spreuke 6:9-11 Nog ’n bietjie slaap nog ’n bietjie sluimer: 9 Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap? 10 Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie hande-vou om uit te rus! 11 so kom dan jou armoede soos ’n rondloper… Lees verder“Joernaal: 30 Januarie 2015”

Joernaal: 29 Januarie 2015

Ek het die middag klaar gebid en toe wys die Here vir my die volgende visioen: Ek en die Here loop. Die Here sê: “Kom, My kind, ek wil jou iets wys.” Toe loop ons in ’n pad af. Dit het soos ’n grondpad gelyk. Orals was natuurskoon, groen en mooi. Die atmosfeer was vrolik en gelukkig. Toe sê die Here: “Ek het die natuur geskape, My kind. Kyk hoe mooi is die natuur.” Dan stap ons verder en gaan sit dan op ’n koppie op ’n rots. Toe sê die Here vir my: “Ek wil jou nog baie wys. Jy is gehoorsaam aan My. Baie gaan Ek jou gee. Lig jou kop op, My kind. Jy is My uitverkorene.” Terwyl ons so sit en gesels kon ek die Here se alomteenwoordige liefde ervaar, wat woorde nie kan beskryf nie. Ek het die heeltyd ’n glimlag op my gesig gehad. Toe sê die Here verder vir my: “Soos water wat uit ’n rots kom, so sal Ek My planne aan jou bekend maak. Ek weet die rots is hard, My kind, maar die water is soet. Dit verkwik jou siel. Rus nog ’n bietjie hier saam met My, My kind. Rus in… Lees verder“Joernaal: 29 Januarie 2015”