Die winter is hier. Die snerpende koue wind waai. Lae, op lae klere voel nie genoeg. Die wind voel of dit deur my waai en draai. Bibberend klou ek aan my koppie warm tee. Hoop dit sal my ‘n bietjie warmte gee. Die son skyn trietsig deur die winters wolke. Die voëls probeer om die kolle waar die son skyn in te drink. Hulle veertjies waai verwoed in die wind. Maar nogtans hoor ek die voëlgesang. Snoesig slaap ek vanaand. Met kombers op kombers op my bed. Rustig raak ek aan die slaap. Om more met nuwe moed te ontwaak.
Profetiese Woord: Wind van Verandering
Ek het stiltetyd gehou en die Here het die volgende openbaring vir my gegee: “Soos die Augustus wind waai, so gaan die wind van verandering waai oor die land. Verandering gaan orals plaasvind ten goede My kind. Verandering gaan plaasvind in skole, besighede, woongebiede, oral oor die land. Die verandering wat gaan kom, is My Gees van Vrede en Kalmte wat oor die hele land sal gaan. Die wat My ken sal nader aan My wees. Meer siele gaan gered word vir My, My kind. My Naam sal geeër word in plekke, wat voorheen nie My Naam wou noem nie.” “Verandering gaan kom My kind. Mense gaan meer op hulle knieë gaan en My aangesig soek. “
God cares for you
When it feels like you are all alone and people have forsaken you. Take courage, that God is always there for you and with you. In the middle of every trail and tribulation that you face in life, His Glory and Love will fill you completely. And you will stand strong in your faith, ready to take on any situation that you might face. Knowing that God is in Control of your life.
Vriendelikheid
Om vriendelik te wees kos niks. Jy kan dit vrylik uit deel, oral waar jy gaan. Wat help dit om deur die lewe te gaan, met ‘n frons op jou gesig? Ja, die lewe is moeilik en dit is nie aldag maklik om te kan glimlag of vriendelik te wees nie. Daarom kies vandag om vriendelikheid uit te straal. Daar is dalk vandag iemand wat net jou vriendelikheid nodig het. Om haar of sy dag op te kikker. Die persoon is dalk baie depressief en negatief oor die lewe. En deurdat jy net vir die persoon glimlag of vriendelik die persoon groet. Besef die persoon dat daar wel nog mense is wat omgee. Hy/sy se bui word verlig, en die persoon kan weer vriendelikheid oordra aan ander mense wat die persoon se pad gedurende die dag gaan kruis. Al het jy te doen met moeilike mense, wees vriendelik met hulle. Want dit is hoe Jesus opgetree, het toe Hy hier op aarde was. Vergewe mekaar, die lewe is te kort om ‘n wrok te hou. Lewe as ‘n ware kind van God, wat die Beeld van Christus hier uitdra oral waar jy gaan. Efesiërs 4:32 ~ Maar wees vriendelik en… Lees verder“Vriendelikheid”
By U voete Jesus Christus
Wanneer mens moeg en uitgeput is, voel dit of jy nie meer krag het om aan te gaan nie. Moegheid laat jou negatief dink en optree. Jy doen en sê dinge wat dalk verkeerd opgevat kan word. Maar dit is omdat jy nie reguit kan dink nie. Jou brein voel of dit vol spinnerakke is, wat orals verstrengel is. Jy kan nie helder dink nie. Jy het dalk aanhou probeer om iets te doen, en elke keer het dit gefaal. Elke keer wanneer jy gefaal het, het jy opgestaan en weer probeer. En dan was jy weer plat geslaan deur die omstandighede. ‘n Totale moegheid het jou oorval, en jy sien nie kans om verder aan te gaan nie. Jy begin dink: Daar moet ‘n ander oplossing wees? Maar selfs jou denke wil nie eens saamwerk nie. Want jy is so uitgeput en moeg dat jy nie eers aan oplossings kan dink nie. Maar, daar is hoop vir jou. Om uit die put van moegheid te kom. Deurdat jy by Jesus Christus se voete gaan sit. Kan jy uitroep na die Here om hulp, en jouself heeltemal oor gee aan die Here se Rus. Laat die Here se Vrede en… Lees verder“By U voete Jesus Christus”
