Die naam van die Here

Vandag wil ek graag ‘n spesifieke geleentheid bespreek en my opinie deel. Dit gaan oor die verskeie name van ons God. Die Here het ‘n paar verskillende name waaronder God, YAHWEH, ELOHIM en vele meer. Dit laat die vraag ontstaan by ‘n gelowige, wat nou eintlik die regte naam van die Here is. Hier word dit natuurlik ‘n tameletjie onder gelowiges. Party beweer Yahushua is die regte naam vir Jesus ander sê Jesus is dit regte naam. Dit is so hartseer as mense begin baklei en stry oor die Here se naam. Vriende en selfs families is uit mekaar geskeur deur die enkele probleem. As jy ‘n stappie terug vat en jy bekyk die spulletjie so van ‘n kant af kom jy gou agter dat die vyand (Satan) betrokke is. Dit is sy eind doel om vriende en families te vernietig. Die Bybel sê dat die Satan loop rond soos ‘n brullende leeu op soek na die volgende persoon wat hy kan verslind. Ons word partykeer in getrek in die probleem in en dink nie dat die vyand dalk besig is om onmin te saai nie. Die Here is ‘n liefdevolle, genade volle God wat vrede en liefde voor staan…. Lees verder“Die naam van die Here”

Die opstel van grense as ‘n Christen

~ Manipulasie is ‘n vorm van toordery. ~ Manipulasie is nie uit God nie. ~ Mense skep ‘n probleem om aandag te kry. ~ Mense neem nie verantwoordeliheid vir hulle foute nie. As jy skuldig voel omdat jy anders is as wat jou ouers of jou familie wil hê jy moet wees of voel, kan dit is ‘n teken wees van grens probleme. Dit beteken nie dat jy ‘n slegte dogter / seun ensovoorts is nie. Jesus self het grense ingestel: Markus 3:35 ~ Elkeen wat die Wil van God doen, is my broer en my suster en my moeder. (1983 vertaling) Mans en vroue behoort ‘n verhouding met hulle uitgebreide families te hê. Maar hulle moet duidelike grense daar stel met hul gesinne van oorsprong. ‘n Voorbeeld is die volgende: Baie huwelike misluk omdat ‘n man/vrou in gebreke bly, om duidelike grense te stel met die gesin van oorsprong en die eggenoot en kinders kry dan die oorskiet aandag en tyd. Wenke vir die opstel van grense met vriende en familie: Alle kommunikasie moet gedoen word in Liefde, sodat die ander persoon die waarheid kan hoor en dit in neem sonder om sleg of verdedigend te voel. Wanneer ons,… Lees verder“Die opstel van grense as ‘n Christen”

Die krag en invloed van jou woorde

Vandag wil ek graag ‘n onderwerp bespreek wat ons as mense nie altyd verstaan nie, maar wat bitter min mense regkry. Ek verwys na ons woorde wat ons spreek oor onself of selfs spreek oor ander mense. As ons terug gaan na die Bybel, na Spreuke, wys die outer vir ons dat daar krag en mag in ons woorde is. Die woorde wat jy oor jouself of oor ander spreek, kan ‘n seën of ‘n vloek wees op jouself of die ander persoon. As ons gaan kyk na wat die effek is van ‘n negatiewe woord, besef ons nie altyd dat die woorde deure kan oopmaak vir die duiwel en sy trawante nie. Ons spreek die woorde sonder om te dink of die gevolge in ag te neem. Kom ons noem ‘n voorbeeld. Kom ons sê, jy word verskriklik seer gemaak deur ‘n persoon. Die persoon stel jou dalk baie teleur. Jy ondervind teleurstelling, woede, depressie. Sonder om te dink is dit maklike om te sê: “Ek wil nie meer lewe nie.” Op die stadium uiter jy hoe jy voel, want gevoelens werk sterk in ‘n mens. Wat jy nie in ag neem nie is dat die woorde nou ‘n… Lees verder“Die krag en invloed van jou woorde”

Dag en Nag

Blou lug helder in my gesig, wolke sweef soos spookasem in die lug. So gaan die tyd en lewe ook verby. Wens die dag was langer, om dit en volle te kan geniet. Wat dit ook als mag bied. Die son gaan binnekort sak en plek maak vir die nag. Die maan verlig die hemelruim, en orals verskyn daar klein sterretjies wat helder skyn. Maar ons kan bly wees vir nog ‘n dag wat ons beleef het, uit God se Goedheid en Krag. © Anet Basson

Blom waar jy geplant is

Maak nie saak waar jy vandag jou self bevind nie. Die Here het jou met ‘n doel en rede daar geplaas. Jy verstaan nie altyd wat die doel en rede daarvoor is nie. Maar as jy meer tyd saam met die Here spandeer, sal jy begin verstaan wat die rede of doel is. Jy is dalk in ‘n werk waar jy nie gelukkig is nie. Jy wonder party keer; Is dit nog die moeite werd is om hier te bly? In die oggend as jy op staan, sug jy al klaar as jy net dink wat alles by die werk op jou wag. Jy is dalk ‘n nog op skool en jy wens jou matriek jaar wil nou aanbreek. Jy raak frustreerd met die baie skoolwerk, en al die ander aktiwiteite wat jy moet bywoon. Dalk is jy ‘n tuisteskepper, wat omsien na die huishouding. En jy wonder; Is daar nie meer in die lewe nie? Jou roetine elke dag is dalk dieselfde, en dit kan jou moedeloos laat voel. Ek het net ‘n paar voorbeelde genoem, daar is nog baie ander voorbeelde. Dalk val jy in een van die bogenoemde kategorieë. Maar vandag wil ek vir jou sê; maak… Lees verder“Blom waar jy geplant is”