Joernaal: 28 Januarie 2015

“Dit is nie meer lank nie, My kind. Hou moed. Jy moet geduld toepas. Ek sal jou onderskraag en lei. Dinge gaan geopenbaar word. Jy is reg daarvoor. Stuk vir stuk gaan Ek dit aan jou openbaar. Dan sal jy besef wie jy is en watter soort werk jy vir My op aarde gaan doen.” “Jy het lank gewag. Die tyd het aangebreek. Nog net ’n rukkie. Die salwing is op jou, My kind. Moenie moed verloor nie. Dinge sal nuut gemaak word. Jy gaan My Naam verheerlik waar jy gaan. Jy is My pêrel, kosbaar in My oë. Binnekort, My kind, binnekort gaan jy begin werk.” Openbaring 21:1-8 Die nuwe hemel en die nuwe aarde 1 Toe het ek ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2 En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos ’n bruid wat vir haar man versier is. 3 Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense…. Lees verder“Joernaal: 28 Januarie 2015”

Joernaal: 27 Januarie 2015

“Jou gemoed is deurmekaar, My kind. Ek kan verstaan. Alles is deurmekaar om jou. Ek sal jou innerlike vrede gee. Alles in tyd, My kind, alles in tyd. Luister na My stem. Dit sal jou kalmeer. Binnekort, binnekort sal jy antwoorde kry.” “Hou vas aan jou geloof. Moenie moeg raak nie. Jy is besig om innerlik moeg te raak. Ek sal jou versterk. Jou vrae sal beantwoord word. Jy moet begin ontspan. Jy leef te veel in die wêreld. Ek verstaan. Maar jy moet rustig raak. Wees geduldig. Maar nou rus, My kind.” Prediker 3:1-17 Elke ding het sy vaste tyd 1 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: 2 daar is ’n tyd om gebore te word, ’n tyd om te sterwe, ’n tyd om te plant, ’n tyd om plante uit te trek, 3 ’n tyd om ’n lewe te neem, ’n tyd om ’n lewe te red, ’n tyd om af te breek, ’n tyd om op te bou, 4 ’n tyd om te huil, ’n tyd om te lag, ’n tyd om te treur, ’n tyd om van blydskap te dans, 5 ’n tyd om klippe weg te gooi, ’n… Lees verder“Joernaal: 27 Januarie 2015”

Joernaal: 25 Januarie 2015

Die Here sê vir my: “Die Woord het tot My gekom en laat daar lig wees. Ek is die Woord, My kind.” Esegiel 17:1-2 1 Die woord van die Here het tot my gekom 2 Mens, jy moet vir Israel ’n fabel, ’n gelykenis, vertel. Jeremia 1:4-5 4 Die woord van die Here het tot my gekom 5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel. “Jy wandel nie alleen nie. Waarskuwings, waarskuwings gaan Ek jou gee. Ek sal jou sê wat jy met dit moet doen. Droom gaan jy weer droom. Jy is My kind. Dinge gaan binnekort verander. Jy sal sien sodra dit gebeur. Aanvalle gaan kom, maar Ek is met jou. In My Hande is jy veilig. Niks kan jou uitruk nie.” Toe sien ek ’n visioen hoe ek en Jesus loop en ons stop by ’n water put. Jesus skep water en ons drink die water. Jesus sê: proe hoe soet is die water, so soet soos My Woord. My Woord sal jou vol maak, My kind. Strome van lewende water sal in jou… Lees verder“Joernaal: 25 Januarie 2015”

Joernaal: 24 Januarie 2015

Die Here sê vir my: “Ek is met jou. Jy is My kind en Ek het jou lief. Niks kan dit van jou wegvat nie. Jy is Myne. Uitverkies.” “Oor ’n paar dae gaan jou wêreld heeltemal verander. Jy het gedink hoe Ek nou met jou kommunikeer is al hoe Ek met jou gaan praat. Daar wag ’n groot verrassing op jou. Jou hart is rein, My kind. Jy loof My dag en nag. Dankie vir jou gehoorsaamheid, My kind. Ek sien dit.” “Jy gaan minder huil en meer lag. Die dae van hartseer wees is verby, vreugde gaan jou lewe binnekort oor vat. En niks gaan dit stop nie. Ek is met jou, My kind. Jy hoef vir niks bang te wees nie. Ek sal jou beskerm en bewaar. Maar vir nou, My kind rus. Sela.” ‘n Geseende Donderdag vir julle  

Joernaal: 21 Januarie 2015

Die middag sê die Here vir my: “Jy is opreg, My kind. Jy is nederig. Min het jy op aarde, maar jou skatte in die Hemel is baie. Hier op aarde gaan mense jou verwerp. Maar weet dit jy is, My kind en uitverkorene. Verwerping gaan kom. Mense wil nie luister nie. “Dinge is besig om in plek te val. My tyd kom al hoe nader. Wees wakker, My kind. Moenie slaap nie. Die Koninkryk van God is oppad. Rus, My kind.”   ‘n Geseende Dinsdag vir julle