Die Here sê vir my: “Dit tyd is naby, My kind. Oorloë gaan uitbreek in plekke. Mense haat mekaar. Vrede bestaan nie meer nie. Dit wat Ek gemaak het word verwoes. Hoe lank nog? Hoe lank nog? Ek huil, My kind. Ek sien al die onreg wat aan My geliefdes gedoen word. Dit is nie meer lank nie. Ek gaan My geliefdes kom haal. Julle is nie meer deel van hierdie wêreld nie. Ek gaan julle kom haal sodat julle veilig sal wees.” “Anargie gaan uitbreek op die aarde. Maar julle sal veilig wees saam met My. Dag word nag en nag word dag, alles gaan deurmekaar raak. Maar is dit nie alreeds so nie? Ek ken nie meer die aarde wat Ek geskape het nie. Die Oordeel gaan kom. Mense se oë moet oop gemaak word, anders is dit te laat vir hulle. My Staf gaan hulle tref. Maar My geliefdes sal veilig wees saam met My.” Jesaja 30: 27-28 27 Kyk, die Naam van die Here kom van ver af, sy toorn brand, swaar wolke kom op; sy lippe is vol grimmigheid en sy tong soos ’n verterende vuur, 28 en sy asem soos ’n oorlopende stroom wat… Lees verder“Joernaal 20 Januarie 2015: God se Oordeel”
Joernaal: 19 Januarie 2015
Die Here sê vir my: “Moenie jou met ander vergelyk nie. Jy is enig in jou soort. Binnekort sal jy weet watter gawes jy het en hoe jy dit gaan gebruik. Ek sal jou lei. Ek is jou Leermeester. Glo en vertrou dinge gaan binnekort verander.” “Jy is nederig, My kind. En dit is hoe jy moet wees. Ek weet wie jy is My uitverkorene. Jy leef vir My en jy gaan My werk hier op aarde uitvoer. Jy gaan niks anders doen nie. Dit is jou beroep. Dit is lankal so bestem. Vergeet wat hulle teen jou sê. Hou jou oë gerig op My. Dit is al wat jy nodig het. Jou Vader Abba het jou baie lief. Rus, My kind.” ‘n Geseende dag vir julle
Joernaal 17 Januarie 2015 – Waarskuwing: Die Oordeel van die Here
Gedurende die oggendure van die 17de Januarie 2015 droom ek die volgende: Ek kon myself sien staan en dan was dit asof mense deur weerligstrale getref word. Dan val hulle plat op die grond. Ek was nie seker of hulle dood was of gelewe het nie. Ek het niks oorgekom nie. Toe sê die Here: “My Septer word binnekort geslaan op die aarde. My oordeel gaan plaasvind binnekort, binnekort. Die Ramshoring blaas. Hoor jy dit, My kind? Dit is ’n waarskuwing.” Die laaste wat ek kon onthou is dat die Here gesê het: “Die amandelboom bot, dit is die teken van My Oordeel.” Openbaring 2:27 …en hy sal hulle regeer met ’n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het. Openbaring 4:5 En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand; Openbaring 11:19 En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael. Die weerligstrale en die gedreun van die donderslae wat vanaf… Lees verder“Joernaal 17 Januarie 2015 – Waarskuwing: Die Oordeel van die Here”
Joernaal: 16 Januarie 2015
Later in die dag het die Heilige Gees my gelei en toe deel ek die volgende wat ek geskryf het met my man. Help those who can’t help themselves: Die Here het arm mense, mense wat verwerp was en wat sonde gedoen het se lewens kom verander toe Hy op die aarde was. Nie net gewone mense se lewens is verander nie. Jesus het gekom om verlorenes en verwerptes te kom red. Ja, almal doen sonde maar Jesus het meer mense gehelp wat hulle self nie kon help nie. Byvoorbeeld: Abram se vrou Sarai wat onvrugbaar was. Maar deur ’n wonderwerk van Jesus Christus, kon sy op ’n hoë ouderdom geboorte skenk aan ’n seun. Sy kon self daaraan niks doen nie, net die Here kon iets doen. Lukas 18:27 Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik. ‘n Geseende naweek vir julle
Joernaal: 15 Januarie 2015
In die oggend-ure droom ek die volgende: Ek droom van ’n klein dorpie waar die mense baie vriendelik is. Hulle verstaan Engels. Mans en vrouens het lang rokke aan. Hulle gelaat is nie baie donker nie – meer soos die Jode. Die pa’s en kinders hou donkie-resies. Dan vra hulle vir my om my oë toe te maak en gee vir my verskillende gras en plante aan. Ek moet die gras en plante voel. As ek vir hulle beskryf hoe dit voel, lag hulle as iets snaaks klink. Dit was asof ek al vir ’n rukkie in die dorpie was en mense het my vertrou. Dit wou voorkom of hulle die gras en plante gebruik om mee handel te dryf. Die vrouens het ook verby-geloop met water in kruike. Die enigste plantnaam wat ek kon onthou is Wilde-als. Dan sien ek myself op ’n verhoog staan en daar is nie baie mense nie. Ek praat met die mense oor die Here en ’n klomp luister na my. Sommige van die mense kom vorentoe en kniel en hulle ontvang die Heilige Gees. Daar is ’n hele aantal mense wat vorentoe kom en genees word. Dan skreeu een vrou: “I can see!” Die Here… Lees verder“Joernaal: 15 Januarie 2015”
